Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Nepal

Streek:  Suid-Asië
Leier:  President Bidhya Devi Bhandari
Populasie: 28,8 miljoen (1,172 miljoen Christene)
Meerderheidsgeloof:  Hindoeïsme
Regering:  Federale Republiek
Bron van Vervolging:  Godsdienstige Nasionalisme

Christenskap in Nepal is aan die toeneem, sedert die regering in 2008 ʼn sekulêre demokrasie aangeneem het. Verlede jaar het Nepal, met net ʼn paar punte, buite die Top 50 geland. Maar vanweë ʼn agteruitgang in alle sfere van die lewens van Christene, en ʼn sterk toename in godsdienstige nasionalisme, betree Nepal die lys hierdie jaar in posisie #25. Radikale Hindoes is meer aktief. Regeringsamptenare; Hindoe-priesters; Hindoe politiese partye; familie, vriende en die gemeenskap het almal hul druk op gelowiges verhoog.

Kerke is aangeval en Christene is gevange geneem. Dosyne Christene is geslaan, terwyl ander van hul huise en dorpies moes vlug vanweë dreigemente. Nog ʼn aanduiding van die verslegtende situasie vir Christene, was die deurvoer van anti-bekeringswet-gewing verlede Augustus, wat dit wettig maak om Christene te vervolg indien hulle die Evangelie verkondig om ander te bekeer.

Bid asseblief vir die volgende gebedsversoeke:

  • Bid vir beskerming en bemoediging vir Nepalese Christene.
  • Bid vir wysheid namate gelowiges uitreik na die meerderheid Hindoe-populasie.
  • Bid dat Christene nie vervolg sal word wanneer hulle die Evangelie deel nie.
Back To Top
Soek