Geweld in sub-Sahara Afrika bereik nuwe hoogtes
Arm nasies en ondoeltreffende regerings het talle gewelddadige tendense verskerp, wat die Kerk in gevaar stel. Dit het ʼn vrugbare teelaarde vir jihadisme geskep en militêre juntas bemagtig om regerings in sommige lande omver te werp. Intussen het Christene na vlugtelingkampe of ander lande gevlug weens jihadiste se strewe om Sharia-wetgewing oor die vasteland te versprei.
Toenemende aantal mededingers trek voordeel uit China se model
China smee internasionale alliansies om menseregte wêreldwyd te herskryf. Dié land se ekonomiese vooruitgang dien as lokmiddel vir talle wêreldleiers om ongeag van ideologie, in China se belofte van voorspoed te deel, terwyl beheer oor protesterende groepe en individue uitgeoefen word. Talle regimes wat China naboots, verafsku Christene en veral Christen-aktiviste wat dié beperking op landgenote betwis.
China se digitale beheer bedreig die Kerk
Digitale tegnologie het saam met die Chinese regering vooruitgegaan. Beijing het in Maart 2022 nuwe uitgebreide internet-reëls vir kerke ingestel en die Covid-19-pandemie gebruik vir sensuur, disinformasie en toesig om godsdiensgroepe te beheer. Dié aanlynruimte het vir die deursnee Chinese landsburger spannend geraak, veral vir Christene wat as Westerse bondgenote beskou word.
Die Kerk in die Midde-Ooste hou aan om te kwyn
Die Christelike Kerk hou aan om in die Midde-Ooste te kwyn. Dit is nie in staat om te herstel na die oplewing van die Islamitiese Staat nie, ondanks ʼn vermindering in die aantal Christene wat die afgelope jare doodgemaak is. Een uitsondering is Sirië (12), wat in die WWL 2023-rapporteringstydperk ʼn vlaag gewelddadige insidente ervaar het. Verder, beteken diskriminasie en onderdrukking saam met die verlammende ekonomiese agteruitgang dat die Kerk in die Midde-Ooste hoop verloor, veral die jeug.
In Latyns-Amerika het georganiseerde misdaad ʼn greep wat tydens die Covid-pandemie versprei en verhoog het
In baie lande in Latyns-Amerika, het korrupte en oneffektiewe regerings ʼn spasie geskep vir kriminele groepe en etniese leiers om na vore te kom en mag te bekom. As resultaat het georganiseerde misdaad posgevat, met kriminele groepe wat die drywers van vervolging word omdat Christene hulle teen die kartelle se aktiwiteite uitspreek, veral in landelike gebiede.
Die belangrikste veranderinge op die lys sedert WWL 2023 is:
- Afganistan val tot nr. 9 op die WWL nadat dit verlede jaar nr.1 was. Maar vervolging bly steeds uiters hoog vir Afgaanse Christen-bekeerlinge. Die groot daling in sy ranglysposisie word daaraan toegeskryf dat bekeerlinge nou nog dieper ondergronds as tevore leef – wat ʼn groter uitdaging skep om geverifieerde data oor geweld te bekom.
- Noord-Korea styg weer na die nr.1 posisie met sy hoogste vervolgingstelling ooit. Dit reflekteer ʼn toename in die arrestasie van Christene en meer ondergrondse huiskerke wat ontdek en gesluit word.
- Mali styg na nr. 17 as gevolg van ’n toename in druk in baie lewensareas.
- Katar val tot nr. 34. Dit is veroorsaak deur die feit dat geen addisionele kerke gedwing is om te sluit in die WWL 2023-rapporteringstydperk nie. Baie kerke wat in die vorige rapporteringstydperk gesluit is, het egter gesluit gebly.
- Die Comore betree die lys weer op nr. 42 vanweë die toename in die vlakke van druk wat deur die regering en gemeenskap uitgeoefen word. Die regering het openlik gesê dat daar nie vryheid van geloof vir Comoriane is nie maar slegs vir nie-Comoriane wat in die land woon.
- Nicaragua betree die top 50 as nr. 50 vir die eerste keer. Direkte regeringsonderdrukking teen Christene wat as opposisiestemme gesien word, is volop in Nicaragua.
- Nepal val af van die WWL vanweë ʼn afname in druk en geweld.
- Die gekombineerde totale telling vir geweld vir al 26 sub-Sahara Afrikalande wat minstens 41 totale punte op die Geopende Deure WWL behaal het, het met 8% toegeneem. Die helfte van hierdie lande het geweldstellings in die uiters hoë reikwydte.
WÊRELDWAARNEMINGSLYS GEBEDSFLITSE
Die Wêreldwaarnemingslys Gebedsflitse fokus op die verskillende lande op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys. Die weeklikse e-pos gee ʼn kort oorsig oor ʼn land en relevante gebedsversoeke vir die land. Dit sluit ook PowerPoint® skyfies in, wat gebruik kan word in eredienste, aankondigings of ander aanbiedings. Indien jy hierdie weeklikse e-posse wil ontvang, voltooi asseblief die vorm hieronder.