WÊRELDWAARNEMINGSLYS 2023
UITERMATIGE VERVOLGING
(100 – 81 punte)
BAIE HOË VERVOLGING
(80 – 61 punte)
Christelike Vervolging Vandag
Christelike vervolging is enige vyandigheid wat vanaf die wêreld ervaar word as gevolg van ʼn mens se identifisering met Jesus Christus. Dit kan vyandige gevoelens, houdings, woorde en aksies insluit. Maar wat bedoel die Bybel met die woord “vervolging”? In Mattheüs 5:10-12, sê Jesus in die Saligsprekinge dat vervolging ʼn seën is. Nie noodwendig een wat baie van ons ooit begeer nie!
Wêreldwaarnemingslys Tendense
Geopende Deure Internasionaal het op 13 Januarie hul 2021 Wêreldwaarnemingslys (WWL) bekendgestel. Hierdie jaarlikse lys kondig die top 50 lande in numeriese volgorde aan waar Christene die ergste vervolging vir hul geloof ervaar. Die algemene tendens in hierdie wêreldwye opname…
Wêreldwaarnemingslys Metodologie
Die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys is die enigste jaarlikse opname van die toestand van godsdiensvryheid wat betref Christene om die wêreld heen. Die metodologie word onafhanklik geverifieer deur die Internasionale Instituut vir Godsdiensvryheid, in ʼn poging om die insameling van inligting en berekeningsproses meer deursigtig te maak.
ONTVANG DIE GEOPENDE DEURE-NUUSBRIEF
Jou geloof sal versterk word deur hulle s’n!
Vind uit hoe Christene van regoor die wêreld sterk staan in die aangesig van vervolging. Teken in om die GRATIS Geopende Deure-nuusbrief te ontvang – en word bemoedig in jou geloof!
WÊRELDWAARNEMINGSLYS GEBEDSFLITSE
Die Wêreldwaarnemingslys Gebedsflitse fokus op die verskillende lande op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys. Die weeklikse e-pos gee ʼn kort oorsig oor ʼn land en relevante gebedsversoeke vir die land. Dit sluit ook PowerPoint® skyfies in, wat gebruik kan word in eredienste, aankondigings of ander aanbiedings. Indien jy hierdie weeklikse e-posse wil ontvang, voltooi asseblief die vorm hieronder.