skip to Main Content

God se Woord is vol van vriendelike woorde. Woorde van gekneusde siele en gebroke harte kan genees, gedagtes van bekommernis kan uitdryf, en hoop kan verskaf in moeilike tye.

Wanneer ons vervolgde Christene bemoedig gee ons vir hulle hoop, help ons hulle om geduldig te wees, en maak ons dit vir hul makliker om ander lief te hê met Jesus se liefde. Jy kan vriendelike woorde aan ons vervolgde broers en susters skryf, en hulle versterk in die geloof namate hulle God se Koninkryk uitbou waar geloof die meeste kos.

SKRYF AAN VERVOLGDE CHRISTENE

Briewe aan vervolgde Christene kan slegs in Engels geskryf word, dus is al hul stories ook slegs in Engels beskikbaar.

Pos briewe aan:

Briefskrywery: Gelowige se Naam
p.a. Geopende Deure SA
Posbus 1771
Cresta
2118

Sodra jy jou brief gepos het, onthou asseblief om te bid vir die persoon vir wie jy geskryf het. Jou gebede maak werklik ʼn verskil!

Bid Dat:

  • Jou brief veilig by sy bestemming sal aankom.
  • Die ontvanger geseënd sal wees deur dit wat jy geskryf het en opgebeur sal word deur die wete dat jy vir hulle bid (Romeine 15:30).
  • Die Here die ontvanger krag sal gee om te volhard, en dat hulle God se deernis en genade sal aanvoel (Jakobus 5:11).

HOE OM TE BEGIN…

Bid voordat jy begin

Vra die Here om jou die regte woorde te gee. Sluit een of twee Bybelverse in. Vir Bybelverse in ander tale, besoek www.biblegateway.com

Wees sensitief

Moet asseblief nie uitbrei oor die ontvanger se pleidooi nie, of vertel van die seëninge in jou lewe of land nie.

Hou dit kort en kragtig

Help ons met vertaling. Skryf asseblief in eenvoudige Engels, hou jou brief kort en skryf asseblief op ‘n A5 of A4 papier.

Sekuriteit

MOET NOOIT GEOPENDE DEURE in jou briewe noem nie, ʼn land se godsdiens of godsdienstige ekstremiste, die regering, regsstelsel of politici kritiseer nie. Jy is welkom om die brief af te sluit met jou naam en land, maar NIE jou volle adres nie.

Kaartjies en poskaarte

Kleurvolle kaartjies kan soveel meer sê as ʼn lang brief op gewone papier. Indien jy op ʼn poskaart skryf, sit dit asseblief in ʼn koevert en adresseer die koevert met Geopende Deure se besonderhede (nie op die poskaart nie). Indien jy meer as een brief of kaartjie stuur, pos al jou briewe saam in een koevert na Geopende Deure.

Handgemaakte kaartjies en kunswerk

Om kaartjies te maak is ʼn maklike manier vir jonger mense om betrokke te raak by die vervolgde Kerk.

Geskenke

Moet asseblief GEEN geld by jou brief of kaartjie insluit nie. Geopende Deure kan nie jou geskenk aanstuur nie, want dis bloot net te gevaarlik en kan die ontvanger in groot moeilikheid laat beland.

Noord-Korea

Ongelukkig kan ons nie briewe aan gelowiges in Noord-Korea besorg nie.

Respek

Wanneer jy aan diegene in Moslemlande skryf, moet asseblief niks negatiefs sê oor Islam nie of enige verwysing maak na Israel nie (selfs nie eers wanneer Bybelsverse gebruik word nie).

Back To Top
Soek