Dié internasionale span toegewyde navorsers werk nóú saam met ander kundiges wat op streeks-, nasionale en subnasionale vlak werk. Sommige van hulle is Geopende Deure-personeel, terwyl ander as eksterne konsultante funksioneer.
Die span doen navorsing oor die vervolging van Christene op ‘n stewige grondslag, wat daarop gemik is om wetenskaplike ondersoeke te slaag en akademiese leiding te aanvaar. WWR versamel en publiseer al sedert 1992 gedetailleerde data oor die vervolging van Christene.
Wêreldwaarnemingslysverslae
Die Wêreldwaarnemingslys is Geopende Deure se jaarlikse ranglys van die 50 lande waar Christene die uiterste vervolging ondervind. Gebruik dié gratis verslae om jou te help om saam met jou vervolgde familie in gebed en werksaamhede te staan. (Vlugteling- en kinderverslae is slegs in Engels beskikbaar)
Hoe stel Geopende Deure die Wêreldwaarnemingslys saam?
Die Wêreldwaarnemingslys is ʼn jaarlikse ranglys van lande waar Christene die meeste vervolging in die gesig staar. Dit is enig in sy soort en ʼn diepgaande uiteensetting van die plekke waar Christene Jesus volg, ongeag van die gevolge wat daaruit spruit. Die data vir 2024 se Wêreldwaarnemingslys dek die tydperk van 1 Oktober 2023 tot 30 September 2024.
Geopende Deure verstaan vervolging as “enige vyandigheid wat ervaar word weens ʼn mens se identifikasie met Christus.” Die meet van vervolging is ʼn komplekse taak en om geloofsgebaseerde vervolging te bepaal, is selfs meer ingewikkeld. In talle lande is vervolging multidimensioneel – geslag en etnisiteit sal byvoorbeeld ook ʼn rol vertolk.
Om ʼn omvattende lys te skep, werk die World Watch Research Unit nóú saam met navorsers in die veld om opnamedata en sekondêre data in dié volgende ses afdelings in te samel:
Elkeen van dié afdelings word gegradeer en elkeen van die 150 lande wat beoordeel word, kry dan ʼn telling uit honderd volgens die erns van hul vervolging. ʼn Telling van 81-100 is gelyk aan “uiterste” vervolging, 61-80 is “baie hoog” en 41-60 is “hoog”.”
Navorsingsmetodes en resultate word onafhanklik deur die International Institute for Religious Freedom (IIRF) nagesien.
As jy bykomende vrae het, laai die volledige metodologiedokumentasie van die World Watch Research-span af.
Wêreldwaarnemingslys Gebedsflitse
Die Wêreldwaarnemingslys Gebedsflitse fokus op die verskillende lande op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys. Die weeklikse e-pos gee ʼn kort oorsig oor ʼn land en ʼn pdf met relevante gebedsversoeke vir die land. Gebruik dit om jou te help bid of gebruik dit in ʼn PowerPoint in eredienste, aankondigings of ander aanbiedings. Indien jy hierdie weeklikse e-posse wil ontvang, voltooi asseblief die vorm hieronder.