Skip to content

Meer as 60 jaar gelede, het Broer Andrew die ja-tree geneem; die tree wat gevolge gehad het wat hy nooit in die oomblik kon voorsien nie.

Deur Geopende Deure se reisbediening, kan jy ook daardie ja-tree neem. Jy kan letterlik oor grense reis om die hand van ʼn vervolgde Christen vas te hou en hulle aanmoedig deur saam met hulle te bid. Jy kan hulpbronne neem na ʼn kerk, wat die Here aanroep en vertrou om hulle te voorsien van dit wat hul benodig om Hom beter te leer ken. Jy kan deur die koudste, donkerste, ‘mees geslote’ land stap en die krag van gebed ervaar, sowel as God se liefde vir daardie land in jou hart voel brand.

*Neem asseblief kennis dat verdere inligting slegs in Engels beskikbaar is. Dit is ‘n voorvereiste dat alle reisigers van Geopende Deure, Engelsmagtig moet wees. Ons vra verskoning vir enige ongerief in die verband

*Virtuele reise is slegs in Engels beskikbaar.

As jy ʼn passie vir Jesus Christus het, ʼn liefde vir ons vervolgde familie regoor die wêreld het, en jy voldoen aan die onderstaande vereistes… kan jy saam met ons reis!

Die vereistes is:

  • Jy moet Engels magtig wees.
  • Jy moet tussen die ouderdom van 18 en 70 jaar oud wees. Indien jy ouer as 60 is, sal ons ʼn doktersverslag benodig wat bevestig dat jy gesond is en mag reis.
  • Indien jy onder die ouderdom van 18 is, mag jy saam met ʼn wettige voog reis.
  • Jy moet fisiek fiks wees – daar mag van jou verwag word om swaar goed te dra of ver ente te stap.
  • Jy moet bereid wees om alle reëls en regulasies wat deur Geopende Deure voorgehou word, te gehoorsaam. Dit sluit in dat niks oor jou reis, of enige vorige reise, saam met Geopende Deure, op Facebook, Twitter of enige ander sosiale netwerk/die Internet mag gelaai word nie.

Bemoedigingsreise – Met ʼn bemoedigingsreis sal jy die geleentheid hê om gelowiges te ontmoet wat vervolging en verdrukking in die gesig staar. Jy sal die geleentheid hê om saam met hulle te bid, moontlik ʼn kerkdiens, konferensie of opleiding by te woon, asook om sommer net saam met ons broers en susters te kuier. Jy sal ook meer leer oor die verskeie projekte wat Geopende Deure in die betrokke land behartig.

Gebedsreise – Met ʼn gebedsreis is dit nie altyd moontlik om gelowiges te ontmoet nie, maar as jy ʼn voorbidder is of ʼn passie het vir bid, sal dié ʼn wonderlike geleentheid wees om voorbidding te doen vir ons broers en susters in hul spesifieke land. Om ín ʼn sekere land te bid sal jou ʼn beter begrip gee oor die omstandighede wat Christene elke dag ervaar, en jou ook toelaat om in diepte vir die spesifieke land te bid.

Koerierreise – In talle lande word Christene steeds nie toegelaat om hul eie Bybels te besit nie en daarom is daar tallose Christene wat daarna hunker om hul eie Bybel te hê. Die doel van koerierreise is om Bybels en ander Christelike literatuur na lande te neem waar daar ʼn groot behoefte hieraan is. ʼn Gelowige vanuit ʼn geslote land het op ʼn keer gesê: “Wanneer julle vir ons Bybels gee, gee julle vir ons lewe.”

Jeugreise – Die doel van ʼn jeugreis is om aan jongmense, tussen die ouderdomme van 18 en 25, die geleentheid te gee om ander jongmense in die vervolgde Kerk te ontmoet en te bemoedig.

Spesiale Reise – Hierdie reise laat mense met spesiale vaardighede toe om vervolgde Christene op ʼn praktiese manier te help, en ook om God te eer met die talente wat Hy vir hulle gegee het.

Reisonkostes verskil van land tot land, en hang af van watter land jy beoog om te besoek, maar oor die algemeen wissel dit tussen R20,000 en R40,000. Die algehele kostes hang af van die hoeveelheid tyd wat bestee word in die land, vliegkaartjies en, natuurlik, die Forex-wisselkoers.

Reisgelde sluit in:

  • Vlugtariewe;
  • Alle etes, verblyf en vervoer binne die land;
  • Visums;
  • Reisversekering;
  • Opleidingsfooie.

Geopende Deure se reiskoördineerder is verantwoordelik vir die bespreking van vlugte, die aansoekproses vir visums, die uitneem van reisversekering, ens. Jy sal die nodige inligting en vorms ontvang om te voltooi en die res word deur ons gedoen.

Op ʼn Basis-Reis: alle reisigers is Suid-Afrikaners en die groep het ʼn Suid-Afrikaanse groepleier.

Op ʼn Internasionale Reis:
daar sal reisigers wees wat afkomstig is van ander Geopende Deure-basisse in ander lande. Jy sal by die reisigers/groep aansluit in ʼn voorafbepaalde stad, en die groepleier word aangewys deur die koördineerder van die land wat julle besoek.

Ja, opleiding is verpligtend. Dit sal plaasvind by Geopende Deure se hoofkantoor in Johannesburg nadat ʼn gepaste datum deurgegee is.

Jy het heelwaarskynlik al baie ontstellende nuusberigte gehoor of gesien oor lande wat ons besoek, en dit mag jou en/of jou geliefdes dalk bang maak. Van dié lande is wel gevaarlik om te besoek. Die veiligheid van ons reisigers is egter ons grootste prioriteit en Geopende Deure doen alles in ons vermoë om ons reise so veilig moontlik te hou.

Ons werk nou saam met plaaslike kontakte, en sou daar enige situasie opduik wat ʼn veiligheidsrisiko inhou, sal ons eerder ʼn reis kanselleer as wat ons reisigers se veiligheid op die spel sal plaas.

Neem wel asseblief kennis dat jy steeds op eie risiko reis, en dat ongelukke op ʼn Geopende Deure-reis net so maklik kan gebeur as wanneer jy in Suid-Afrika reis of met vakansie is.

Vir enige verdere navrae, kan jy vir Samantha ʼn e-pos stuur by [email protected].

Ek wil graag die Geopende Deure-reisbrosjure ontvang

  • Hidden

Back To Top
Soek