Skip to content

Debietorder

Die gerieflikste manier om ʼn gereelde donasie te maak, is deur ʼn debietorder. ʼn Debietorder van so min as R50 ʼn maand kan help voorsien in die dringendste en sensitiefste behoeftes van Christene wat in die aangesig van vervolging staan, en hulle sodoende versterk in hul geloof te midde van die storms.

Begin ʼn Staande Debietorder

Internet oorplasing/EFT

ʼn Internet oorplasing (of EFT) bly steeds die mees koste-effektiewe manier om ʼn bydrae te maak tot die werk van Geopende Deure. Indien jy ʼn Internetoorplasing doen, is dit noodsaaklik om die verwysingsnommer en/of donateurnommer te gebruik waarvan ons jou in ons kommunikasie voorsien. Kontak ons gerus om hierdie nommers te verifieer. Die verwysing- en donateurnommer help ons om jou te identifiseer vir die uitreik van ʼn kwitansie of ter erkenning van die donasie wat ontvang is.

Versoek Bankbesonderhede

ʼn Donasie aanlyn

Jy kan ʼn aanlyn-donasie maak deur te klik op die “Skenk Nou”-knoppie wat aan die bokant van ons webblaaie verskyn of deur hier te klik. Geopende Deure maak gebruik van PayFast as aanlyn-platform vir donasies. PayFast is ʼn Suid-Afrikaanse betalingsstelsel en stel maklike, veilige en direkte oorplasings van geld in staat. PayFast maak dit vir jou moontlik om ʼn donasie te maak via kredietkaarte (Visa en MasterCard), asook onmiddellike EFT deur enige van Suid-Afrika se vier grootste banke.

Skenk Nou

Direkte deposito

Jy is welkom om by jou naaste bank ʼn direkte deposito in ons rekening te maak. Versoek ons bankbesonderhede hier. Wanneer jy ʼn direkte deposito maak, is dit noodsaaklik om die verwysingsnommer te gebruik wat ons aan jou sal voorsien, wanneer jy ons kontak. Hierdie nommer help ons om jou donasie te identifiseer vir die uitreik van ʼn kwitansie of ter erkenning van die donasie.

Back To Top
Soek