Skip to content

Vrywilliger

Gebruik jou vaardighede en tyd vir ons vervolgde familie as ʼn vrywillige spreker of kerkverteenwoordiger.
Lees meer
Sluit aan by ons gemeenskap van vrywilligers.

Verbeel jou daar is ʼn brug wat die Suider-Afrikaanse Kerk met die vervolgde Kerk verbind, ʼn band só sterk dat niks dit kan breek nie. Elke kerk in Suider-Afrika hou die vervolgde Kerk in hul harte, en vergeet nooit hul stories en gesigte nie.

Dit is ons visie by Geopende Deure Suider-Afrika. Ons wil sien dat die vervolgde Kerk in elke kerk in Suider-Afrika onthou word, met so ʼn sterk verbintenis dat tyd, afstand en kultuur dit nooit kan breek nie, want ons kultuur is Christus – wat in ons almal leef en asemhaal as die Liggaam van Christus.

Maar ons kan dit nie alleen doen nie. Dit is waarom ons ʼn beroep op jou, ons vennoot, doen om dit te help moontlik maak.

Ons vrywilligers speel ʼn belangrike rol om hierdie visie ʼn werklikheid te maak, en help met hul toewyding en diens aan ons vervolgde familie in hul kerke en gemeenskappe om hierdie verbintenis te versterk en te koester.

Gebruik jou vaardighede en tyd vir ons vervolgde familie as ʼn vrywillige spreker of kerkverteenwoordiger.

Saam kan ons die Suider-Afrikaanse Kerk versterk en mobiliseer om diegene te ondersteun wat Jesus in die donkerste plekke volg.

Vrywilligersgeleenthede
Word 'n
Vrywillige spreker
Word 'n
Kerkverteenwoordiger
Back To Top
Soek