Skip to content

VERVOLGINGSONDAG

Wat is Vervolgingsondag?

Vervolgingsondag (PS) is ʼn gebedsbeweging vir vervolgde Christene. Dit is ʼn geleentheid wat in en deur die plaaslike kerk gehou word. Iemand van die kerk moet op die webtuiste registreer en die organiseerder vir PS word. Hierdie persoon sal toegang hê tot die organiseerder se eksklusiewe bladsy met ondersteunende materiaal vir die geleentheid.

Hoe om deel te neem?

Vra eers jou kerkleierskap se toestemming om ʼn PS-organiseerder te wees. Registreer dan. Om dit te doen, moet jy die kerk se besonderhede hê, soos die adres en poskode. Sodra die registrasie  goedgekeur is, sal jy toegang hê tot die organiseerder se eksklusiewe bladsy, met materiaal soos ʼn PowerPoint-aanbieding oor die tema, video’s, gebedskaartjies en materiaal vir kinders.

Waarom dié datum?

Die datum wissel van jaar tot jaar, aangesien dit op die eerste Sondag ná Pinkster plaasvind. Dit is omdat Handelinge 4 die begin aandui van die vervolging van Christene kort ná die uitstorting van die Heilige Gees, met die arrestasie van Petrus en Johannes. Dit is dus simbolies die “begin” van die vervolgde Kerk.

Nuutste nuus
View Post

Abandoned by family to thriving businessman (Slegs in Engels beskikbaar)

Algemene vrae

Om aan PS deel te neem, is dit nodig om die kerkleierskap se goedkeuring en almal se betrokkenheid
te verkry. Indien jy dit reeds beplan, moet jy as ʼn PS-organiseerder REGISTREER. Só kan ons saam ʼn
reis begin en materiaal en inhoud verskaf sodat jy PS en die werklikheid van die vervolgde Kerk met
jou kerk kan deel.

Vul net die REGISTRASIEVORM in. Jou inligting as organiseerder word vereis, asook dié van die kerk
waar jy beoog om PS te hou. Kontroleer dat die inligting korrek en op datum is en voltooi jou
registrasie.

Jy kan jou kerk enige tyd voor die datum van Vervolgingsondag, 15 Junie 2025, registreer.

Alle PS-organiseerders sal in Maart 2025 ʼn verduidelikende e-pos met ʼn skakel ontvang om digitaal
toegang tot die materiaal in die afdeling vir vennote op die webtuiste te kry.

Ja, jy kan. Maar jy moet vroegtydig ʼn spreker aanvra (slegs in Suid-Afrika). Kontak ons ​​op WhatsApp
by +27 066-387-1319 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] om ʼn besoek aan te vra.

Elke organiseerder moet tans vir sekuriteitsredes ʼn nuwe wagwoord skep. Gebruik die skakel wat na
jou e-pos gestuur is om hierdie aksie te voltooi.

Nee. Die PS-organiseerder kan slegs vir die geleentheid in een kerk verantwoordelik wees. Net so
kan elke kerk net een organiseerder hê.

Registrasievorm

"*" indicates required fields

Organiseerder se naam*
Kerk se adres*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top