Skip to content

Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys is ʼn jaarlikse opname van toestande rakende die godsdiensvryheid van Christene regoor die wêreld. Die metodologie word onafhanklik geverifieer deur die Internasionale Instituut vir Godsdiensvryheid (IIRF), in ʼn poging om die insameling van inligting en berekeningsproses meer deursigtig maak.

Die agtergrond

Geopende Deure monitor die wêreldwye vervolging van Christene al sedert die 1970’s. Gedetailleerde data oor die vervolging van Christene word sedert 1992 ingesamel en gepubliseer. Die Wêreldwaarnemingslys (WWL) se metodologie het geleidelik ontwikkel en is in 2012 volledig hersien deur Geopende Deure se navorsingseenheid, World Watch Research (WWR), om groter kredietwaardigheid, deursigtigheid, objektiwiteit en akademiese gehalte te bied. Verdere verbeterings word voortdurend gemaak.

Definisie van vervolging

Daar is geen wetlike, internasionale definisie van vervolging nie. Situasies kan as vervolging gedefinieer word wanneer persone die ontkenning van regte, soos gelys in Artikel 18 van die Universele Verklaring van Menseregte, ervaar. Die WWL-metodologie het egter ʼn teologiese definisie bo ʼn sosiologiese definisie verkies, en definieer vervolging as “enige vyandigheid wat as gevolg van iemand se identifikasie met Christus ervaar word. Dit sluit in vyandige houdings, woorde en aksies teen Christene.”

Hierdie breë definisie sluit in (maar is nie beperk tot) beperkings, druk, diskriminasie, teenkanting, verkeerde inligting, ongeregtigheid, intimidasie, mishandeling, marginalisering, onderdrukking, onverdraagsaamheid, inbreukmaking, skending van regte, sosiale uitsluiting, vyandigheid, teistering, misbruik, geweld, etniese suiwering en volksmoord.

Die WWL-metodologie definieer ʼn “Christen” as iemand wat homself as ʼn Christen identifiseer en/of iemand wat aan ʼn Christelike gemeenskap, soos gedefinieer deur die kerk se historiese geloofsbelydenis, behoort.

Hoe die WWL saamgestel word

Die WWL-metodologie onderskei tussen die twee vernaamste maniere van vervolging: Squeeze (die druk wat Christene op alle gebiede van die lewe ervaar) en smash (geweld). Smash kan gemeet en nagespoor word deur die rapportering van konkrete voorvalle, terwyl squeeze gedokumenteer word deur te onderskei hoe Christene se lewens en getuienis onder druk geplaas word op vyf spesifieke gebiede van hul lewens: Hul privaat-, familie-, gemeenskap-, nasionale en kerklewe.

ʼn reeks navorsingsgerigte navrae word ʼn vraelys met 84 vrae (wat die jaarlikse rapporteringstydperk van 1 November tot 31 September dek) deur navorsers (en diegene wat ekstern daarby betrokke is) ingevul in lande wat vervolging ervaar.

Die voltooide vraelyste word noukeurig nagegaan met behulp van insette deur eksterne kundiges. Punte word bereken vir elk van die lewensgebiede, met inagneming van veranderlike faktore. Vervolging kan byvoorbeeld erger wees in sekere kategorieë van Christenskap of in sekere dele van ʼn land as ander. Die intensiteit en gereeldheid van vervolging word ook in aanmerking geneem. Verskillende vervolgingsenjins en -drywers, sowel as ʼn spesifieke vervolgingspatroon, word sigbaar vir analisering. Die Internasionale Instituut vir Godsdiensvryheid (IIRF) doen ʼn oudit om te bevestig dat alle resultate volgens die WWL-metodologie bereken is.

ʼn Finale puntetelling word dan vir elke land bereken, wat gebruik word om lande wat ʼn telling van 41 punte of meer behaal het (lande wat hoë, baie hoë of uiterste vlakke van vervolging ervaar het), se volgorde op die jaarlikse Wêreldwaarnemingslys te bepaal.

Die belangrikste rede waarom lande in numeriese volgorde op die lys geplaas word, is om ʼn komplekse realiteit aan die breë publiek oor te dra. Beide die posisie en finale telling moet altyd in oorleg met die land se ooreenstemmende WWL-dossier, wat die vervolgingsituasie in elke individuele land in diepte verduidelik, bestudeer word.

Die grade van vervolging word aangedui deur die vervolgingstelling:

UITERMATIGE VERVOLGING
(81 – 100 punte)

BAIE HOË VERVOLGING
(61 tot 80 punte)

*61= Toetredingspuntetelling vir WWL 2023

Wêreldwaarnemingslys Gebedsflitse

Die Wêreldwaarnemingslys Gebedsflitse fokus op die verskillende lande op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys. Die weeklikse e-pos gee ʼn kort oorsig oor ʼn land en ʼn pdf met relevante gebedsversoeke vir die land. Gebruik dit om jou te help bid of gebruik dit in ʼn PowerPoint in eredienste, aankondigings of ander aanbiedings. Indien jy hierdie weeklikse e-posse wil ontvang, voltooi asseblief die vorm hieronder.

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Verwante bladsye

Wêreldwaarnemingslys Tendense
Back To Top
Soek