Skip to content

Word 'n BIBLEGIVERS 4THEM-atleet vandag!

Gebruik jou Godgegewe talente en passie om die vervolgde Kerk te ondersteun. Jy kan stap, hardloop, swem, fietsry of roei. Jy kan enige iets doen vir hulle…4THEM. Deur vir hulle (jou vervolgde familie) deel te neem aan ʼn wedren of byeenkoms, help jy Geopende Deure om ʼn Bybel in die hande van vervolgde gelowiges te plaas en hulle te ondersteun waar hulle vir Jesus lewe in van die gevaarlikste plekker ter wêreld.

Ons daag jou uit om jou lewe te verander deur ʼn wedren vir hulle te doen…

BG Page_web_Afr_LC

Registreer as 'n BIBLEGIVERS 4THEM-atleet

  1. REGISTREER BY GEOPENDE DEURE: Sodra jou Geopende Deure-registrasie verwerk is, sal jy ʼn borgnommer en ʼn brief ontvang wat jy aan potensiale borge kan gee.
  2. REGISTREER VIR ‘N WEDLOOP: Besluit aan watter byeenkoms jy wil deelneem en registreer daarvoor.
  3. KRY BORGE: Vra vir individue, jou kerk of jou selgroep om jou te borg vir die spesifieke byeenkoms. Borge kan hul donasies direk aan Geopende Deure oorbetaal. Die nodige inligting sal voorsien word in die registrasiebrief wat jy ontvang.
  4. OEFEN: Om te oefen is natuurlik een van die belangrikste dinge voor enige wedloop, maar moenie vergeet om aan daardie borge ook te werk nie!
  5. GENIET DIT: Dankie dat jy ʼn verskil maak, en onthou die familie vir wie jy dit doen terwyl jy deelneem!

Registrasievorm

Borg 'n BIBLEGIVERS 4THEM-atleet

Jy kan ʼn blywende impak maak op die groei van ons vervolgde broers en susters regoor die wêreld. Borg ʼn BIBLEGIVERS 4THEM-atleet vandag!

Voltooi die onderstaande vorm, en gebruik asseblief die verwysingsnommer van die atleet wat jy graag wil borg, deur dit te kies uit die voorsiende lys hieronder.

  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Borg Nou”-knoppie klik.

Back To Top
Soek