Word deel van die span by Geopende Deure Suider-Afrika.
Geopende Deure se visie is dat geen Christen vervolging alleen verduur nie. Wanneer jy by ons span aansluit, word jy deel van hierdie visie en om dit ʼn werklikheid te maak in die lewens van miljoene vervolgde Christene in meer as 70 lande.
Ons nooi jou uit om na ons geleenthede te kyk en te sien of daar ʼn rol vir jou is.
Beskikbare posisies:
As jy nie vandag ʼn rol vind wat by jou pas nie, kom loer gerus weer. Daar is gereeld nuwe geleenthede beskikbaar.
Oor ons
Geopende Deure is ʼn internasionale, interkerklike organisasie wat Christene ondersteun wat vir hul geloof vervolg word. Geopende Deure Internasionaal (ODI) ondersteun die wêreldwye organisasie met dienste soos IT, Programbestuur, Finansies, Voorspraak, Navorsing en Menslike Hulpbronne.
By Geopende Deure streef ons na ʼn organisasiekultuur wat ons spanne ondersteun en bemagtig om die vervolgde Kerk effektief te dien. Ons streef voortdurend daarna om ʼn omgewing te skep waar mense floreer.
Geopende Deure het in 1955 begin, met een man in ʼn blou VW Kewer vol onwettige Bybels op pad na Oos-Europa om vervolgde Christene te ondersteun. Broer Andrew het gevoel dat God hom roep om dit te ‘Versterk wat oorbly’ (Openbaring 3:2) – Roep God jou dalk om dieselfde te doen?
Vandag ondersteun Geopende Deure vervolgde Christene in meer as 70 lande met ʼn vaste akkoord om saam met hulle te staan en in hul behoeftes te voorsien. Soos hierdie behoeftes groei, soek ons passievolle en talentvolle mense om saam met ons daarin te voldoen.
‘n Veilige werksomgewing
Ons Christelike geloof is fundamenteel in alles wat ons as individue en as span is, en in alles wat ons in die Naam van Christus vir ons broers en susters wat vir hul geloof vervolg word, doen.
Ons Geloofsbelydenis bevestig wat ons glo. Ons kernwaardes stel ons voornemens uiteen van dit wat vir ons as organisasie belangrik is. Ons houdings en gedrag is gebaseer op daardie waardes en oortuigings.
Die beskerming van kwesbare volwassenes en kinders teen leed en die bevordering van hul welsyn is fundamentele oortuigings van ons bediening. Ons bly dus toegewyd tot die beskerming van alle kwesbare volwassenes en kinders in alle aspekte van ons werk met die Vervolgde Kerk.
“God gebruik al die gebeure en ervarings van ons lewens tot dusver om ons voor te berei vir die soort diens waartoe Hy ons nou roep.”
BROER ANDREW