Skip to content

Die meeste mense laat ʼn laaste testament na om seker te maak dat hul families versorg is wanneer hulle afsterf. As Christene is ons bevoorreg dat ons familie miljoene gelowiges van regoor die wêreld insluit.

Talle van ons deurlopende projekte word deur die donasies, nalatenskappe en gebede van lojale ondersteuners onderhou. Nalatenskappe wat deur ons ondersteuners agtergelaat word, sorg vir 2% van ons huidige inkomste.

Deur ʼn erflating aan Geopende Deure te los, kan jy voortgaan om die mees vervolgde gelowiges te ondersteun deur die lig van Christus in die donkerste plekke op aarde te laat skyn, en God se Koninkryk uit te bou vir komende generasies. So kan ons saam aan ons lydende geloofsfamilie kan sê: “Ons sal daar wees. Ons sal jou bystaan. Jy sal nooit alleen wees nie.”

Hoe sluit ek Geopende Deure in my testament in?

Dit sal jou nie dadelik iets kos nie, en dit sal ʼn leeftyd van ondersteuning beteken vir diegene wat in die toekoms ly omdat hulle Jesus volg.

Sluit asseblief die volgende inligting by jou testament in:
Begunstigde: Geopende Deure Suider-Afrika
(Reg. nr. 2004/023397/08)
PBO: 930011129
Adres: Milnerstraat 118, Roosevelt Park, 2195
Telefoon: 011 888 9341
Epos: [email protected]

Ons wil hierdie pad saam met jou stap. Vir meer inligting oor hoe om ʼn nalatenskap te los, kontak ons asseblief by [email protected]

Talle deurlopende projekte word deur die donasies, nalatenskappe en gebede van lojale ondersteuners onderhou.

“Niemand behalwe die Kerk help ons nie,” sê Jina van Sirië. “As dit nie vir julle hulp was nie, sou ons baie erger swaargekry het. Dit beteken so baie vir my om te weet dat iemand vir ons omgee en ons steeds onthou.”

Back To Top
Soek