Skip to content

Christelike vervolging is enige vyandigheid wat vanaf die wêreld ervaar word as gevolg van ʼn mens se identifisering met Jesus Christus. Dit kan vyandige gevoelens, houdings, woorde en aksies insluit. Maar wat bedoel die Bybel met die woord “vervolging”? In Mattheüs 5:10-12, sê Jesus in die Saligsprekinge dat vervolging ʼn seën is. Nie noodwendig een wat baie van ons ooit begeer nie!

Jesus definieer ook die woord vir ons in Lukas 6:22 deur vier werkwoorde. Hy sê: “Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, terwille van die Seun van die mens.” Let daarop dat dit Jesus ín jou is, wat die rede vir en die teiken van vervolging is.

Die apostel Paulus sê in Romeine 8:17 vir ons, “[A]s ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.” Wanneer ons dus deel in Jesus se lydings (haat, isolasie, beledigings en verwerping) word ons erfgename wat ook in Sy heerlikheid deel. Die vier werkwoorde hierbo kan in verskillende grade van intensiteit ervaar word.

Ongelukkig, maak baie Christene vandag die aanname dat vervolging deel is van die Kerk se verlede. Die waarheid is dat daar lede van die liggaam van Christus is wat tans erge vervolging en beperkings in die gesig staar as gevolg van hul geloof in Jesus Christus. Elke dag, van elke jaar, en op elke kontinent, staar mans en vroue vervolging in die gesig as gevolg van hul geloof in Jesus Christus.

Hier is ‘n paar voorbeelde van die tipes vervolging wat Christene vandag ervaar:

Fisiese en verbale mishandeling
Gevangenskap (tronkstraf)
Ontvoering
Omkopery
Deportasie
Verwoesting van eiendom
Boetes
Foltering
Moord

Die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys word jaarliks saamgestel en lys die top 50 lande in die wêreld waar Christene vervolg word weens hul geloof in Jesus. Hierdie lys is gebaseer op omvattende inligting weergegee deur Geopende Deure-medewerkers, in meer as 65 lande, asook onafhanklike kundiges.

Top 50 lande waar geloof die meeste kos

Wêreldwaarnemingslys Gebedsflitse

Die Wêreldwaarnemingslys Gebedsflitse fokus op die verskillende lande op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys. Die weeklikse e-pos gee ʼn kort oorsig oor ʼn land en relevante gebedsversoeke vir die land. Dit sluit ook PowerPoint® skyfies in, wat gebruik kan word in eredienste, aankondigings of ander aanbiedings. Indien jy hierdie weeklikse e-posse wil ontvang, voltooi asseblief die vorm hieronder.

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek