skip to Main Content

BLY OP HOOGTE

STANDING STRONG THROUGH THE STORM E-DAGSTUKKE!

“Terwyl vyf geheime polisie bullebakke beplan het om Ugandese pastoor Kefa Sempangi een Paassondag dood te maak, het God dié dag bestem as hul dag van verlossing…

‘Ek het nie nodig om my eie saak te bepleit nie,’ het pastoor Kefa geantwoord toe hul hom met ʼn vuurwapen aangehou het. ‘Ek is reeds ʼn dooie man. My lewe is dood en weggesteek in Christus. Dis julle lewens wat in gevaar is; julle is dood in jul sonde. Ek sal tot die Here bid dat Hy julle van ewige vernietiging sal spaar, nadat julle my doodgemaak het.’

‘Sal jy nou vir ons bid?’ het een van hulle gevra terwyl hy sy vuurwapen laat sak het en die ander opdrag gegee het om dieselfde te doen. ‘Vader in die hemel,’ het pastoor Kefa gebid, ‘U wat mense in die verlede vergewe het, vergewe ook hierdie mans. Moenie dat hul omkom in hul sonde nie, maar bring hul tot Uself.’”

Dit is ons hart, dat jy daagliks deur onwrikbare geloof soos dié bemoedig sal word deur ons Standing Strong Through the Storm 365 e-dagstukke wat deur Paul Estabrooks geskryf is. Teken vandag gratis in deur die onderstaande vorm in te vul en word bemoedig terwyl jy help om God se Koninkryk uit te bou dáár waar geloof die meeste kos!

(Slegs in Engels beskikbaar.)

Teken in op e-dagstukke uit  Standing Strong Trough the Storm

SMALL GROUP INSPIRATIONAL GUIDE (SGIG)

Ons “Small Group Inspirational Guide” is ʼn gids, sowel as ʼn gebedshulpbron, vir kleingroepleiers. Elke gids dek ʼn tydperk van agt weke – ʼn nuwe gids is beskikbaar elke tweede maand. Indien jy ʼn kleingroep- of selleier is, en graag die gids wil ontvang, vul asseblief die bostaande vorm in.

(Let daarop dat die gids slegs in Engels beskikbaar is.)

Teken in op die SGIG
Sign up page_ODYouth_Logo_Afr

GEOPENDE DEURE SE JEUGBEDIENING

Geopende Deure Jeug is die jeugafdeling van Geopende Deure Suider-Afrika. Ons visie is om ʼn jong generasie in te lig oor Christene wat vervolg word vir hul geloof in Jesus Christus en hulle te mobiliseer om te bid, te gee, te skryf, te dien, en ander te vertel van ons vervolgde broers en susters regoor die wêreld.

Teken in op ons spesiale nuusbrief Die Prys, wat jou aan die vervolgde Kerk sal bekendstel.

Teken in vir Die Prys nuusbrief
Laai jou Underground-Brosjure af
Back To Top
×Close search
Soek