Skip to content

Ons wortels

Andrew van der Bijl, ʼn jong Nederlandse sendeling is genooi om ʼn Kommunistiese Jeugfees by te woon in 1955 in Pole. In sy tas het hy Christelike leesstof gedra, bedoel vir gelowiges in Warskou.

Wat hy agter die Ystergordyn gevind het, was ʼn Kerk met ʼn dringende behoefte aan ondersteuning en Bybels. Dit is in hierdie oomblik dat God Broer Andrew, soos wat hy oor die algemeen bekendstaan, geroep het deur die woorde van Openbaring 3:2, “Word wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe…”

Broer Andrew se eenman-onderneming het vinnig gegroei tot ʼn wêreldwye bediening. Die werk van Geopende Deure het uitgebrei om Bybels in China, Viëtnam en later Afrika en die Moslem Wêreld in te neem, en die organisering van opleidingseminare en praktiese bystand vir vervolgde Christene. Onder Broer Andrew se leierskap het Geopende Deure gegaan waar die meeste Westerse Christene nie durf om te gaan nie. Sy ondergrondse netwerk van inheemse Christene het in die geheim gehelp met die verspreiding van miljoene Bybels elke jaar, wêreldwyd.

Dit is meer as 60 jaar later, en Geopende Deure gaan voort om duisende pastore en kerkleiers op te lei en geestelike en statutêre ondersteuning vir Christelike gevangenes te voorsien. Ons bied terselfdertyd ekonomiese verligting vir hulle gesinne, asook die families van martelare.

As jy meer wil weet aangaande Broer Andrew en die bediening van Geopende Deure, bestel gerus jou kopie van God se Smokkelaar by ons.

Teken in om ons nuutste kommunikasie te ontvang

Jy sal die nuutste inligting en opdaterings oor ons vervolgde familie kry, en maniere ontdek om deel te wees van hul storie deur te bid, te gee en saam met ons geloofsfamilie te staan.

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Ons Missie

Geopende Deure Visiestelling

Geopende Deure strewe om die Liggaam van Christus te versterk wat onder beperking en vervolging leef weens hul geloof in Christus, en om hulle betrokkenheid by wêreld-evangelisasie aan te moedig deur:

Die voorsiening van Bybels en Christelike literatuur, media, leierskapsopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkeling en voorbidding;

Die Liggaam van Christus wat in bedreigde en onstabiele areas woon, voor te berei op vervolging en lyding; en

Die Liggaam van Christus in die vrye wêreld te mobiliseer en toe te rus om met bedreigde en vervolgde Christene te identifiseer en aktief betrokke te raak om hulle te ondersteun.

Ons doen dit omdat ons glo dat as een lid ly, ly al die lede saam (1 Korintiërs 12:26), alle deure is oop en God maak dit moontlik vir Sy Liggaam om die hele wêreld in te gaan en die Evangelie te verkondig.

Geloofsbelydenis

Ons glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde, en in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.

Ons glo in die Heilige Gees; ons glo aan ʼn heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die opstanding van die vlees en in ʼn ewige lewe.

Ons werk

Aan die hart van Geopende Deure se bediening is die strewe om bewustheid te skep en gebed aan te moedig vir die wêreldwye vervolgde Kerk. Ons stel verskeie hulpbronne aan Suider-Afrikaanse Christene beskikbaar om hulle bewus te maak van die behoeftes van die vervolgde Kerk en om ondersteuning deur gebed aan te moedig.

Vind meer uit oor Geopende Deure

Verskeie maniere om te gee

Daar is verskeie maniere waarop jy ʼn skenking kan maak om Geopende Deure se werk om ons vervolgde familie te versterk, te ondersteun.

Vind meer uit

Geopende Deure Geleenthede

Back To Top
Soek