Skip to content
Ranglysposisie   48
2021 ranglysposisie   47
Streek   Asië
Bevolking   19 205 000
Christelike bevolking   4 876 000
Meederheidsgeloof   Islam

48Kasakstan

Godsdiensvryheid is sedert 2011 in Kasakstan beperk – ʼn land waar regeringstoesig en beheer steeds toeneem.

Russies-Ortodokse Christene word oor die algemeen deur die staat uitgelos solank hulle nie probeer om burgers met ʼn Moslem-agtergrond te beïnvloed nie. Gelowiges uit ʼn Moslem-agtergronde word egter deur beide die staat en hul eie gemeenskappe vervolg. Wanneer iemand tot bekering kom, loop hulle ʼn hoë risiko om deur hul families toegesluit te word, van ander Christene afgesonder te word, verbaal en fisies mishandel te word en moontlik van hul familie en gemeenskap afgesny word.

Die owerhede monitor en voer klopjagte uit op vergaderings van Christen-bekeerlinge. Hulle kan gelowiges, veral Christenleiers, beboet, aanhou en in die tronk opsluit.

Dit is uitdagend vir Christene om ʼn bestaan te maak – veral in landelike gebiede waar owerhede omkoopgeld eis van Christene wat besighede probeer bestuur. Sommige sake-eienaars hou hul geloof geheim. Bekeerlinge en kerkleiers loop veral die risiko om weens hul geloof hul werk te verloor.

Vervolging teen Christene het verlede jaar, hoofsaaklik in die gemeenskap en kerklewe, in Kasakstan aansienlik toegeneem.

Ontmoet “John”

“Die ergste moontlike scenario is dat die kerk gesluit sal word en verskeie mense kan tronk toe gestuur word.”

John, wie se kerk aanval en beskuldigings in die gesig gestaar het.

pray

Bid asseblief

  • Vir voorsiening vir Christelike gesinne wat sukkel om ʼn bestaan te maak.
  • Vir beskerming oor kerke wat in die geheim vergader.
  • Dat die owerhede deur Christene se integriteit beïndruk sal word en hulle meer vryheid vergun.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Kasakstan?

Geopende Deure versterk vervolgde Christene in Sentraal-Asië deur Bybels en Christelike literatuur, Bybelse en beroepsopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte en kinder-, jeug- en vrouebedieninge te verskaf.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek