Ranglysposisie | 32 | |
2021 ranglysposisie | 41 | |
Streek | Afrika | |
Bevolking | 33 089 000 | |
Christelike bevolking | 18 589 000 | |
Meederheidsgeloof | Christenskap |
32Mosambiek
Christene staar vervolging in die gesig weens die groeiende teenwoordigheid van Islamitiese militante en dit kom veral voor in die noordelike streek van Cado Delgado, waar vervolgers ʼn skrikbewind voer. Mense bly óf in die streek onder daaglikse dreigemente van ontvoering, óf hulle vlug uit hul huise en gemeenskappe en sorg vir hulself. Talle word deur die geweld getraumatiseer, en diegene wat in gedwonge huwelike of die burgermag geforseer word, word dikwels onteer of deur stigmas geteister.
In ander dele van die land ervaar Christene wat uit ʼn Moslem- of Afrika-tradisionele godsdiensagtergrond tot bekering kom dikwels druk van hul gesinne om hul geloof te verloën. Baie Moslem-gesinne dwing vermeende vroulike bekeerlinge om met ʼn Moslem-man te trou om hulle van Christelike aktiwiteite te weerhou. Getroude vroue staar egskeiding in die gesig en verloor soms selfs toesig oor hul kinders wanneer hulle tot die Christendom bekeer.
In sommige gebiede vervolg dwelmbendes Christene en teiken veral kerkjeugwerkers. Spanning in die land word verhoog deur regeringsbeperkings op godsdiensvryheid. Die verbod op alle godsdienstige invloede in openbare onderwysinstellings en omslagtige registrasievereistes vir godsdienstige groepe word veral hierdeur geraak.
Ontmoet “Lorena”
“Daardie bose mense, Al-Sjabaab, het gekom en ons vernietig. Hulle het ons in armoede gedompel, nou het ons niks… Hulle het ons uitgehang om droog te word. Ons het lewensmiddels gehad, maar met hulle aankoms is alles vernietig en verbrand en ons is in armoede agtergelaat.”
Bid asseblief
- Bid vir vrede in Mosambiek sodat Christene sonder vrees kerk toe kan gaan en nie bang hoef te wees dat hulle ontvoer, aangeval of vermoor sal word nie.
- Bid dat Geopende Deure-vennote meer mense in nood met geestelike en ekonomiese ondersteuning kan bereik. Bid vir die beskerming van personeel wanneer hulle na riskante streke reis.
- Dank God vir die moed van diegene wat hulp verleen, en bid vir wysheid en deernis teenoor getraumatiseerde en kwesbare mense.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Mosambiek?
Geopende Deure-vennote ondersteun vervolgde Christene in Mosambiek deur noodhulp, vervolgingsvoorbereidheid- en kruiskulturele bewusmakingsopleiding, en ekonomiese bemagtigingsprojekte.