Ranglysposisie | 34 | |
2021 ranglysposisie | 43 | |
Streek | Asië | |
Bevolking | 844 000 | |
Christelike bevolking | 30 000 (Geopende Deure-skatting) | |
Meederheidsgeloof | Boeddhisme |
34Bhoetan
Daar word van alle Bhoetanese burgers verwag om Boeddhiste te wees. Enigeen wat tot bekering kom na Christenskap, ervaar intense druk om na hul vorige geloof terug te keer. Bekering word gesien as om skande oor die familie te bring, en nuwe gelowiges word dikwels verwerp – wat ʼn reuse verskil maak in ʼn Bhoetanese persoon se lewe, aangesien die kultuur baie gemeenskaplik is, en die beskerming van familie is van kardinale belang.
Alle Christene wat saam aanbid, aanbid tegnies gesproke onwettig omdat Bhoetan se regering geen kerke amptelik erken nie. Die plaaslike owerhede weier dikwels om ʼn “geen-beswaar sertifikaat” aan Christene uit te reik, wat nodig is vir leningsaansoeke, die registrasie van eiendom, werksaansoeke en die hernuwing van ID-kaarte.
Wat het vanjaar verander? Bhoetan het weens ʼn toename in geweld teenoor Christene gestyg op die Wêreldwaarnemingslys.
Ontmoet Miriam
“Toe ek van Jesus gehoor het, was dit asof ʼn blinddoek van my oë verwyder is.”
Miriam is deur haar familie verwerp toe sy vanaf Boeddhisme tot bekering gekom het, maar sy volg Jesus steeds – en bemoedig ander Christen-vroue.
Bid Vir Bhoetan
- Bid dat gelowiges wat deur hul families verwerp is nuwe gemeenskappe sal vind om aan hulle familie, liefde en hoop te bied.
- Bid dat God die praktiese ondersteuning wat deur Geopende Deure se vennote voorsien word, sal gebruik om Christene wat vervolging in die gesig staar te versterk.
- Bid vir godsdienstige vryheid in Bhoetan en dat die regering Christelike kerke amptelik sal erken.
Hoe help Geopende Deure Christene in Bhoetan?
Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om Christene in Bhoetan te versterk deur noodleniging, gebedsondersteuning en ander praktiese noodhulp.