skip to Main Content
Ranglysposisie   37
2021 ranglysposisie   40
Streek   Afrika
Bevolking   95 241 000
Christelike bevolking   90 570 000
Meederheidsgeloof   Christenskap

37Demokratiese Republiek van die Kongo

Die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) is tans ʼn gevaarlike plek vir Christene om hulle te bevind. Rebellegroepe veg vir beheer oor die gebied, insluitend ʼn Islamitiese ekstremistiese groep bekend as die Geallieerde Demokratiese Magte (ADF), wat Christelike huise en kerke openlik en brutaal teiken.

Christene in hierdie gebied staar daagliks dreigemente van ontvoering en brutale geweld in die gesig. Die ADF ontvoer vroue, verkrag hulle en dwing hulle om met hul soldate te trou. Christen-vroue word soms ook as ʼn soort “trofee” aangehou.

Die DRK se regstelsel bied min kanse op geregtigheid. Baie Christene word gedwing om uit hul huise te vlug en skuiling in vriendeliker dorpe te soek. Geopende Deure-vennote verskaf noodleniging aan ontwortelde mense deur plaaslike kerke.

Christene vanuit Moslem- of inheemse agtergronde ondervind druk om steeds aan tradisionele godsdiensaktiwiteite deel te neem. Aan die uiterste punt van die skaal kan vroue wat tot die Christendom bekeer het, met geweld tot huwelike, swangerskap of egskeiding gedwing word.

Regdeur die DRK ervaar Christen-leiers wat hulle teen korrupsie uitspreek, teistering en inmenging van die regering.

Ontmoet Joie

“Ek sê dankie vir die werk wat julle organisasie deur die plaaslike Kerk gedoen het.”

Joie, wat deur ADF-vervolging ontwortel is, ontvang hulp in die dorpie Komanda.

pray

Bid asseblief

  • Vir stabiliteit en geregtigheid om na die oostelike DRK terug te keer.
  • Dat God kerkleiers groot wysheid en krag sal gee wanneer hulle na hul lidmate omsien.
  • Vir meer geleenthede om kerke te help om traumaberading en noodhulp te verskaf.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in die Demokratiese Republiek van die Kongo?

Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om Christene in die DRK te ondersteun deur vervolgingsvoorbereidheidsopleiding, ekonomiese bemagtigingsprojekte en traumasorg.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek