Skip to content
Ranglysposisie   36
2021 ranglysposisie   35
Streek   Afrika
Bevolking   12 047 000
Christelike bevolking   22 500
Meederheidsgeloof   Islam

36Tunisië

Tunisië is 99% Moslem en byna alle Tunisiese Christene kom vanuit ʼn Moslem-agtergrond, met familielede en die samelewing wat teen hulle diskrimineer.

Bekering vanaf Islam is sosiaal onaanvaarbaar. Christen-bekeerlinge word aan vyandigheid deur hul families, kollegas en vriende onderwerp indien hul bekering rugbaar sou word. In sommige gevalle kan die aggressie eskaleer tot fisiese geweld en dit vind gewoonlik agter geslote deure plaas. In sommige gevalle word Christene deur hul families in die steek gelaat en deur hul vriende verwerp. Hulle werk kan ook in die slag bly.

Die meeste Christen-bekeerlinge kan nie openlik aanbid nie en verkies om hul geloof geheim te hou, want die deel van hul oortuigings sal groot gevare inhou. Sommige dapper Christene is bereid om vir aanbidding en samesyn bymekaar te kom, maar hulle bly steeds versigtig. Indien dit aan die lig kom dat hulle deel van ʼn Christelike byeenkoms is, loop hulle die gevaar van blootstelling en uitsluiting. Hulle kan ook geoormerk word vir monitering deur die veiligheidsdienste.

Die enkele buitelandse Christene in Tunisië ervaar ʼn relatiewe mate van vryheid, hoewel openbare evangelisering nie geduld word nie.

Ontmoet “Sarah”

“Eendag tydens Ramadan het my pa op my Bybel afgekom terwyl hy na iets gesoek het. Hy het dadelik na my gedraai en my daaroor uitgevra. Ek het vir hom gesê: ‘Die Boek is myne en ek het Islam verlaat om ʼn Christen te word.’ Hy het geskreeu: ‘Jy is ʼn afvallige, jy verdien om dood te wees.’ Hy het begin om my te slaan en beveel om ʼn paar stukkies klere te gryp en die huis te verlaat.”

Sarah, ʼn gelowige vanuit ʼn Moslem-agtergrond in Noord-Afrika.

pray

Bid asseblief

  • Vir beskerming vir gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond. Vra God om hul gesinne se harte teenoor hulle te versag.
  • Prys God dat Hy aanhou om Homself aan die mense van Tunisië te openbaar, ten spyte van die risiko’s verbonde aan Christenskap in dié land.
  • Dat Christene wat deur hulle families in die steek gelaat word, die pastorale sorg en lewensondersteuning sal vind wat hulle nodig het.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Tunisië?

Geopende Deure werk saam met plaaslike vennote en kerke in Noord-Afrika om leierskapsopleiding, dissipelskap, lewensbestaanondersteuning, Bybels en pastorale sorg te verskaf.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek