Ranglysposisie | 38 | |
2021 ranglysposisie | 36 | |
Streek | Afrika | |
Bevolking | 115 403 000 | |
Christelike bevolking | 69 234 000 (60,0%) | |
Meederheidsgeloof | Christenskap |
38Ethiopië
In Ethiopië is dit nie net bekeerlinge vanaf Islam na Christenskap wat hardhandige mishandeling van hul families en gemeenskappe ervaar nie, maar ook diegene wat by Protestantegroepe van die Ethiopiese Ortodokse Kerk aangesluit het.
In sommige plekke val Islamitiese ekstremistiese groepe kerke aan. Boonop het politieke geweld in die land – wat grootliks op die konflik in Tigray gefokus is – ook sy tol op Christelike gemeenskappe geëis, met baie Christene wat doodgemaak is en kerke wat vernietig is. Die land is ook erg geraak deur droogtes en plae. Al hierdie kwessies skep onsekerheid, wat van Christene ʼn maklike teiken maak.
Druk kan ook van die regering afkomstig wees. In gebiede waar Moslems of Ethiopiese Ortodokse Christene in die meerderheid is, kan plaaslike amptenare die groei van Protestantse Christenskap teëstaan en weier om permitte vir byeenkomste en aanbidding goed te keur.
Wat het vanjaar verander? Oor die algemeen het die druk op Christene in Ethiopië verskerp, ondanks die feit dat die land twee plekke laer op die Wêreldwaarnemingslys is. Hoewel daar minder aangetekende gewelddadige voorvalle is, moet dit in die konteks van voortslepende konflik – soos die gevegte in Tigray – verstaan word, want dis moeilik om tussen geloofsverwante en etniese/politieke verwante aanvalle te onderskei.
Ontmoet Roda
“Van nou af sal ek voor die Messias buig, want Hy is die Een wat my gered het.”
Roda, wat ʼn Christen geword het nadat sy Bybelstudies bygewoon het. Sy het haar nuwe geloof met vrymoedigheid verklaar deur ʼn hangertjie met ʼn kruis daaraan te dra. Die vervolging het begin nadat dit opgemerk is, maar Roda hou aan om dapper sterk te staan in haar geloof.
Bid vir Ethiopië
- Bid vir wysheid en voorsiening vir die regering terwyl hulle ʼn land lei wat grootliks geraak is deur oorlog, droogtes, plae en politieke onstabiliteit.
- Bid dat Christene wat intense druk ervaar om hul geloof prys te gee, die krag sal hê om aan Jesus vas te hou en Hom vir hul toekoms te vertrou.
- Bid vir die bediening onder vroue en die jeug – vra God om meer vroue en jongmense te laat opstaan om die Kerk te versterk.
Hoe help Geopende Deure Christene in Ethiopië?
Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om Christene in Ethiopië te versterk met leierskap- en vervolgingsvoorbereidheid-opleiding, ekonomiese bemagtigingsprojekte, opleiding in lewensbestaansvaardighede, en vroue- en jeugbediening.