Ranglysposisie | 44 | |
2021 ranglysposisie | 45 | |
Streek | Asië | |
Bevolking | 9 957 000 | |
Christelike bevolking | 64 100 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
44Tadjikistan
Tadjikistan se totalitêre leierskap benader enige vermeende “afwyking” van kulturele norme met agterdog. Geen godsdienstige aktiwiteite buite staatsbeheerde en beheerde instellings word toegelaat nie en godsdienswette wat godsdiensvryheid beperk, word streng toegepas.
Tadjikistan beskik oor die grootste persentasie Moslems in Sentraal-Asië. Dis is veral Protestante (wat as “ekstremiste” beskou word, anders as Ortodokse Christene) wat beduidende vervolging hier in die gesig staar. Kerkdienste word dikwels ontwrig en Christene staar teistering en arrestasies in die gesig omdat hulle private gebedsbyeenkomste hou of “onwettige” godsdienstige materiaal besit.
Boetes word aan Christene opgelê bloot omdat hulle hul geloof beoefen en die registrasie van nie-Ortodokse, nie-Katolieke Christen-groepe is onmoontlik. Dié reëling bring mee dat alle godsdienstige aktiwiteite wat deur hierdie groepe uitgevoer word tegnies onwettig is.
Inheemse Christene vanuit ʼn Moslem-agtergrond ondervind groot druk vanaf familie, vriende en die plaaslike gemeenskap om terug te keer na Islam, en glo dat ʼn ware Tadjik slegs ʼn Moslem kan wees. Hulle word as uitgeworpenes behandel en in die ernstigste gevalle word hulle slagoffers van gewelddadige aanrandings.
Die vervolging van Christene het die afgelope jaar toegeneem, met hul private lewens en die Kerk die twee gebiede waar gelowiges die grootste druk ondervind het.
Ontmoet pastoor Bahrom
“My kerk is aangeval en die kerkgebou is deur die hof gekonfiskeer. Ons kerk vergader nou in ʼn skeepsvraghouer.”
Pastoor Bahrom, wat vir sy geloof in die tronk was.
Bid asseblief
- Vir die Tadjikse regering om die reg op godsdiensvryheid te erken en wette te skep wat Christene sal toelaat om hul geloof vrylik te beoefen.
- Dat kerkleiers wat onder druk verkeer, toegerus sal word om te lei, met volle geloof in God as hulle beskermer en voorsiener.
- Dat gelowiges vanuit Moslem-agtergronde maniere sal vind om bymekaar te kom en om mekaar te bemoedig.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Tadjikistan?
Geopende Deure versterk vervolgde Christene in Sentraal-Asië deur Bybels en Christelike literatuur, Bybelse en beroepsopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte en kinder-, jeug- en vrouebedienings.