Skip to content

Tadjikistan: Christene staar moontlike tronkstraf in die gesig

Sahat*, ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond, is onlangs vrygelaat nadat hy deur ʼn polisiebeampte gearresteer is wat homself voorgedoen het as iemand wat belangstel in die Evangelie.

Die beampte het gemaak of hy ‘n vreemdeling is, en Sahat uitgevra het oor waar hy die inligting vandaan kry. Sahat het die vreemdeling geantwoord dat hy meer van Jesus kan leer in die “Injil” – die Nuwe Testament. Niksvermoedend het Sahat die boek uit sy sak uitgehaal om vir hom te gee, toe die man sy ware identiteit as polisiebeampte aan die lig bring en hom dadelik arresteer.

Alhoewel Sahat weer vrygelaat is, is die situasie steeds ernstig. Sahat se skootrekenaar en geheuestokkie – wat Christelike materiaal, asook gedrukte Christelike materiaal bevat – is gekonfiskeer en word tans deur die polisie deursoek. Daar bestaan ʼn moontlikheid dat hulle hom, asook ander Christene waarmee hy kontak het, gevange kan neem. Bid asseblief vir Sahat se veiligheid, asook vir die veiligheid van ander Christene wat hy ken.

*Name verander en verteenwoordigende foto vir sekuriteitsredes gebruik.

Back To Top
Soek