Ranglysposisie | 35 | |
2021 ranglysposisie | 20 | |
Streek | Afrika | |
Bevolking | 106 157 000 | |
Christelike bevolking | 9 695 000 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
35Egipte
Christene in Egipte rapporteer dat skendings van godsdiensvryheid meestal in die gemeenskap plaasvind. Voorvalle wissel van Christen-vroue wat geteister word terwyl hulle in die straat loop tot ʼn menigte woedende Moslems wat ʼn hele Christen-gemeenskap dwing om te trek, hul huise te verlaat en hul besittings konfiskeer. Hierdie soort voorvalle vind meestal in Bo-Egipte plaas, waar Salafistiese bewegings aktief funksioneer in die landelike gemeenskappe.
President al-Sisi praat gereeld positief oor Egipte se Christelike gemeenskap. Die gebrek aan daadwerklike wetstoepassing en die onwilligheid van plaaslike owerhede om Christene te beskerm, laat hulle egter kwesbaar vir aanvalle, veral in Bo-Egipte. Gemeenskaplike vyandigheid en skaregeweld veroorsaak steeds probleme.
Die bou van nuwe kerke word beperk, ondanks die president se beloftes dat kerke in elke buurt deur amptelike registrasie gewettig sal word.
Christene vanuit ʼn Moslem-agtergrond ervaar grootskaalse probleme om hul geloof uit te leef en beleef enorme druk van hul gesinne om na Islam terug te keer. Die staat maak dit ook vir hulle onmoontlik om amptelike erkenning van hul bekering te kry.
Ontmoet Meral
“Al weet hy ek is ʼn Christen, het hy kommentaar gelewer oor my uitrusting. Hierna het hy my twee kere in die gesig geklap en nog beledigings bygevoeg. Die polisie het gesê hulle sal my verhoed om na my siek seun by die huis te gaan as ek nie my klagte terugtrek nie.”
Meral, ʼn 30-jarige ma wat in die apteek aangeval is omdat sy nie Islamitiese drag tydens Ramadan gedra het nie.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Egipte?
Geopende Deure werk deur plaaslike vennote in Egipte om die Kerk te ondersteun met geletterdheidsopleiding, onderwysondersteuning, voorspraak, mediese uitreiking en jeug-, gesins- en vrouebedienings.