skip to Main Content
Ranglysposisie   21
2021 ranglysposisie   21
Streek   Asië
Bevolking   34 382 000
Christelike bevolking   351 000
Meederheidsgeloof   Islam

21Oesbekistan

Godsdiensvryheid word streng beperk in Oesbekistan. Hoewel die bevolking 96% Moslems is, is die regering streng sekulêr en word geen godsdienstige aktiwiteite buite staatsbeheerde instellings toegelaat nie.

Met die uitsondering van buitelandse Christene, ervaar alle Christene een of ander vorm van druk weens hul geloof. Nie-tradisionele denominasies se kerke word dikwels geplunder, en dié wat teenwoordig is, word gedreig, gearresteer of beboet. Kerkleiers word beboet, aangehou, uitgangsvisums geweier om die land te verlaat of onder huisarres geplaas in ʼn poging om vrees in hul gemeentes te versprei. Pastore en leiers van ongeregistreerde kerke word veral beledig, aangerand en verneder.

Die Islamitiese kultuur is vyandig teenoor bekeerlinge tot Christenskap. Hulle staar huisarres, onterwing, fisiese en verbale misbruik, en uitsetting uit die familietuiste in die gesig. In konserwatiewe gebiede kan ʼn bekeerling deur hul eie gemeenskap ontvoer word en dan gedwing word om met ʼn Moslem te trou. Plaaslike imams preek teen hulle, wat tot die druk bydra. Gevolglik verkies die meeste bekeerlinge om hul geloof weg te steek.

Ontmoet “Aziz”

“Ná my bekering tot Christenskap wou my broer niks met my te doen hê nie. Hy het baie kwaad geword as hy my sien en gesê: ‘Gaan weg, wat maak jy hier? Ek wil niks met jou te doen hê nie.’ Ons het vir 20 jaar geen kontak met mekaar gehad nie.”

Aziz is ʼn gelowige vanuit ʼn Moslem-agtergrond, wat sy verhouding met sy broer ná 20 jaar van verwerping hervat het.

pray

Bid asseblief

  • Vir God om geheime gelowiges te beskerm. Bid dat hulle in hul geheime tye saam met God nader aan Hom sal kom.
  • Dat God dié wat ʼn familielid weens sy Christen-geloof verwerp het, se harte sal versag.
  • Vir vrymoedigheid vir kerkleiers wat deur die staat gemonitor of gedreig word.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Oesbekistan?

Geopende Deure versterk vervolgde Christene in Sentraal-Asië met die verskaffing van Bybels en Christelike literatuur, Bybelse en beroepsopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte en kinder-, jeug- en vrouebedienings.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek