Oesbekistan: Christengevangene op parool vrygelaat na ses jaar
Plaaslike bronne het bevestig dat Oesbekistan Christengevangene, Tohar Haydarov (33), op parool vrygelaat nadat hy ses jaar en 10 maande van sy 10-jaarlange vonnis uitgedien het.
Hierdie jong Baptis is in Maart 2010 gevange geneem en 10-jaarlange tronkstraf in ʼn arbeidskamp opgelê vir die besit van dwelms, wat volgens Christene in sy binnekring, ʼn valse aanklag is. Hulle vermoed dat Haydarov in werklikheid gestraf is vir sy bedieningsaktiwiteite.
Sy vrylating was vir almal betrokke heeltemal onverwags, aangesien hy in Mei 2016 amnestie geweier is terwyl baie ander gevangenes toestemming gekry het om die tronk te verlaat.
Baie dankie aan al ons ondersteuners wat Tohar bemoedig het deur briewe te skryf en oor die jare gebid het vir sy vrylating. “Die Here het die gebede van talle Christene verhoor,” sê Oesbeekse Christene. “Ons is dankbaar vir elkeen wat vir hom gebid het en vir hom briewe geskryf het terwyl hy in die tronk was.”
“Ons is dankbaar dat Tohar parool toegestaan is,” sê ʼn Geopende Deure-verteenwoordiger. “Ons het jare lank vir hom gebid en ons moenie nou ophou nie. Na ʼn tydperk van ses jaar in moeilike omstandighede, is daar baie in sy lewe wat moet herstel, en hy moet sy verhoudinge met sy geliefdes herbou. Ons weet uit ervaring met voormalige gevangenes, dat hierdie ʼn moeilike proses kan wees.”
Oesbekistan is #15 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys.
Dankie dat jy bid!