Skip to content

Oesbekistan: Die president van Oesbekistan het gesterf

Die president van Oesbekistan, Islom Karimov, het op die ouderdom van 78 gesterf. Die Oesbeekse owerhede het Karimov se afsterwe amptelik bevestig. Hy het sy land met ʼn ysterhand regeer sedert 1989. Sy regime was een van die mees onderdrukkende regimes in die wêreld. Ongelukkig verwag Geopende Deure nie ʼn ‘klimaatsverandering’ in Oesbekistan nie. Die kommunistiese wortels is diep gevestig en die kliek rondom Karimov sal waarskynlik ʼn opvolger benoem.

Bid asseblief vir Oesbekistan. Talle gelowiges word reuse boetes opgelê of gearresteer, omdat hulle Christelike literatuur besit, of byeenkomste in hulle huise reël. Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond (#GVMs) word verder deur hulle gesinne, asook die samelewing vervolg.

Dankie dat jy bid!

Oesbekistan is #15 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys.

Back To Top
Soek