Skip to content
Ranglysposisie   27
2021 ranglysposisie   37
Streek   Latyns-Amerika
Bevolking   11 306 000
Christelike bevolking   6 936 000
Meederheidsgeloof   Christenskap

27Kuba

Kuba se Kommunistiese regime is nie verdraagsaam teenoor andersdenkendes of instellings wat invloed of mag kan uitoefen nie. Die Kerk val in beide hierdie kampe en gevolglik word Christene deur die owerhede vervolg.

Christen-aktiviste of kerkleiers wat hulle teen korrupsie of politieke kwessies uitspreek, kan gearresteer en gevange geneem word. Ander staar smeerveldtogte, teistering of geweld deur die owerhede en hul simpatiseerders in die gesig.

Kommunistiese Kuba het godsdiens histories onderdruk en probeer om die Kerk se invloed te verminder. Vandag word dit steeds gedoen deur weiering om nuwe Kerke te registreer, of hulle toe te laat om persele te koop of te gebruik om wettig te vergader. Dié aksies dwing baie gelowiges om onwettig in ongeregistreerde huiskerke bymekaar te kom. Indien hulle betrap word, word hulle beboet, beslag op hul eiendom gelê en die kerk gesluit.

Die staat gun Christene nie gewetensvryheid oor sosiale vraagstukke nie. ʼn Sprekende voorbeeld hiervan is dat wanneer die owerheid nuwe wetgewing oor die huwelik instel, kerke gedwing word om daaraan te voldoen. Indien hulle dit nie nakom nie, sal kerkleiers waarskynlik deur die staatsveiligheidsagentskap gemonitor en gedreig word.

Ontmoet “pastoor Luiz”

“Ons vergader in my motorhuis en huise in verskillende woonbuurte omdat ons nie oor ʼn gebou beskik nie. Die moontlikheid bestaan ook nie om ons kerk wettig te registreer nie.”

Omdat pastoor Luiz, ʼn Kubaanse sendeling, se nuwe kerk magtiging geweier word, moet hy na verskillende plekke rondreis en onder die vaandel van verskeie geregistreerde kerke in die geheim by huise preek.

pray

Bid asseblief

  • Dat die regime sy toesig sal verslap en godsdiensvryheid sal eerbiedig.
  • Vir Geopende Deure-vennote wat kerke bemoedig wat van die wêreld afgesonder voel.
  • Vir God om aan Christene wat vir reg en geregtigheid wil opstaan, wysheid en waagmoed te gee.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Kuba?

Geopende Deure se plaaslike vennote versterk die vervolgde Kerk in Kuba deur Bybelverspreiding, lewensbestaanprojekte, Bybelse opleiding, leierskapontwikkelingsprojekte, versorging en ondersteuning vir kinders en pastore se gesinne, en sosio-ekonomiese ontwikkeling.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Onlangse nuus

Back To Top
Soek