Skip to content
Ranglysposisie   24
2021 ranglysposisie   31
Streek   Afrika
Bevolking   5 017 000
Christelike bevolking   3 712 000
Meederheidsgeloof   Christenskap

24Sentraal-Afrikaanse Republiek

Die vervolging van Christene in die Sentraal-Afrikaanse Republiek bly baie hoog, met geweld wat jaar na jaar toeneem. Verskillende gewapende groepe, georganiseerde misdaad en korrupsie maak die lewe baie moeilik vir Christene, met talle kerke wat gedwing word om te sluit.

Die voortslepende konflik sedert 2013 het daartoe gelei dat duisende Christene hul huise en lewensbestaan verloor het, en baie bly steeds in kampe vir interne ontwortelde mense. Die grootste deel van die land is deur gewapende burgermaggroepe beset, wat verantwoordelik is vir ʼn reeks menseregtevergrype. Toe Christen-leiers die geweld openlik veroordeel het, is hulle gedreig of aangeval, en hul kerke is geplunder en afgebrand.

Intussen ervaar dié wat vanaf Islam tot bekering gekom het die risiko van vervolging deur hul families en plaaslike gemeenskappe – insluitende gedwonge huwelike en skeiding van hul kinders. Daar is berigte van Christen-moeders wat toegelaat word om Christelike byeenkomste by te woon op voorwaarde dat hul kinders na die moskee gestuur word. Gegewe die armoedesituasie, word baie Christen-ouers soms in die versoeking gelei om hul dogters in huwelike te laat tree in ruil vir geskenke, terwyl sommige Christen-vroue instem om na Islam om te skakel om te oorleef.

Ontmoet “Dama”

“Ná die uitmergelende beproewings van die vervolging wat ons moet deurmaak, kan ek en my kinders te danke aan julle vrede ervaar.”

Dama, ʼn Christen wat haar man verloor het in ʼn aanval deur lede van ʼn rebellegroep. Geopende Deure se plaaslike vennote het haar familie van lewensreddende ondersteuning voorsien.

pray

Bid asseblief

  • Vir vrede en stabiliteit in die land.
  • Vir die beskerming van gelowiges in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, veral kerkleiers, wie se risiko vir aanvalle besonder hoog is.
  • Dat Christene in staat sal wees om ʼn inkomste te verdien, sodat hulle vir hul families kan voorsien en ook na hul plaaslike gemeenskappe kan uitreik.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in die Sentraal-Afrikaanse Republiek?

Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om gelowiges in die Sentraal-Afrikaanse Republiek te ondersteun met vervolgingsvoorbereidheidsopleiding, ekonomiese bemagtigingsprojekte en traumasorg.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek