Sentraal-Afrikaanse Republiek: Nuwe kabinet verkies
Volgens nuusagentskap, Reuters, het die nuutverkose president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Faustin-Archange Touadera, ʼn eerste minister en ander lede van sy kabinet verkies. Touadera het ook samesprekings gevoer oor bilaterale betrekkinge tussen die Vatikaan en die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
Die nuutverkose president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Faustin-Achange Touadera, het ʼn eerste minister en ander lede van sy kabinet verkies, soos berig deur Reuters op 11 April, 2016. Die kabinet bestaan uit 23 lede en sluit nie net bondgenote van die president in nie, maar ook van sy opponente wat hulself ook verkiesbaar gestel het vir presidentskap. Baie van die kabinetlede keer na jare van ballingskap terug na die land en bring internasionale werkservaring na die tafel met hul werksaamhede oorsee by internasionale organisasies en korporatiewe entiteite. Die president se voormalige veldtog-bestuurder, Simplice Sarandji, is verkies tot eerste minister.
In ʼn aparte nuusberig op 18 April, 2016, berig CNA dat Touadera Pous Francis in Rome ontmoet het en samesprekings gevoer het oor bilaterale betrekkinge tussen die Vatikaan en die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
“Die samestelling van ʼn kabinet wat beide die president se bondgenote en opponente insluit, is nog ʼn teken van die voortuitgang wat die Sentraal-Afrikaanse Republiek maak tot stabiliteit en vrede. Die kabinet het ʼn uitdagende taak om demokrasie in die land te konsolideer en vrede en versoening teweeg te bring. Die kabinet moet ook die ekonomie herbou en die hongersnood in die land, wat miljoene raak, aanspreek. Die ondersteuning van internasionale rolspelers soos die Vatikaan, kan baie belangrik wees vir hierdie pogings. Die Pous geniet merkwaardige morele outoriteit in die land, wat deur sy onlangse besoek versterk is. Hierdie was ʼn belangrike simboliese gebaar en die Pous se boodskap van versoening mag dalk net ʼn positiewe impak hê,” sê Yonas Dembele, ʼn vervolgingsanalis van die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys se navorsingspan.
Die Sentraal-Afrikaanse Republiek is #26 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys van plekke waar Christene die ergste vervolging ervaar.