Ranglysposisie | 28 | |
2021 ranglysposisie | 33 | |
Streek | Afrika | |
Bevolking | 26 084 000 | |
Christelike bevolking | 65 300 | |
Meederheidsgeloof | Christenskap |
28Niger
Niger se bevolking het ʼn Moslem-meerderheid en Islam word as deel van Niger se etnisiteit beskou. Omskakeling vanaf Islam na enige ander godsdiens word as verraad beskou en bekeerlinge tot Christenskap staar vyandigheid van hul families en gemeenskappe in die gesig. Hulle kan deur hul families verwerp word, uit die gesinshuis verjaag word of onder huisarres geplaas word. Talle bekeerlinge word hul erfregte geweier omdat hulle Islam verlaat.
Die teenwoordigheid van militante groepe soos Boko Haram, die Islamitiese Staat se Wes-Afrika Provinsie (ISWAP) en Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM) bly ʼn konstante bedreiging vir beide die staatsowerhede en Christene in die land. Dit is ʼn bekende werklikheid dat militante groepe in Islamitiese grensgebiede onder Islamitiese beheer geweld gebruik teen Christene wat in die openbaar bymekaarkom. Dié bedreiging dwing Christene om in die in geheim bymekaar te kom.
Christene is selde in staat om werk in die plaaslike regeringsdienste te kry en word dikwels bevordering geweier. Hulle word ook soms verhinder om vir vergaderings bymekaar te kom en die wetlike proses om Kerke te registreer, is uitgerek en moeilik. Die wet bied ook nie voldoende beskerming vir Christen-ouers nie. Tydens toesigstruwelinge is dit gewoonlik die Christen-ouer wat verloor, met Moslem-ouers wat voorkeurbehandeling geniet.
Ontmoet “Mariama”
“Ek het baie uitdagings in die gesig gestaar en my broers, susters en familie het my met afkeer behandel. Hulle het bly vra: ‘Waarom het jy hierdie valse lering aanvaar?’ Maar dit is hulle wat valse leringe volg, ek het die genade van God aangeneem.”
Mariama is ʼn Christen uit ʼn Moslem-agtergrond.
Bid asseblief
- Vir beskerming teen geweld deur ekstremistiese groepe wat in Niger werksaam is.
- Vir ekonomiese bemagtigingsgroepe waarin vroue sakevaardighede aanleer. Vra God om hul sake-ondernemings te seën.
- Vir God om gelowiges uit ʼn Moslem-agtergrond, wat onder druk verkeer hulle geloof te ontken, te seën.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Niger?
Geopende Deure werk deur vennote in Niger om vervolgde Christene te versterk deur ekonomiese bemagtigingsprogramme, leierskap- en dissipelskapopleiding, vervolgingsvoorbereidheidsopleiding en pastorale sorg vir nuwe gelowiges.