Streek | Asië | |
Bevolking | 6 031 000 | |
Christelike bevolking | 68 000 (1,1%) | |
Meederheidsgeloof | Islam | |
2021 Ranglysposisie | 23 | |
2020 Ranglysposisie | 22 |
23Turkmenistan
Die vervolging van Christene in hierdie onderdrukkende Islamitiese staat kom grootliks vanaf die regering en samelewing.
Die regering plaas baie beperkings op die kerklewe. Indien hul kerke nie geregistreerd is nie, is Christene hoogs kwesbaar vir polisie-strooptogte, dreigemente, arrestasies en boetes. Selfs Russiese Ortodokse en Armeense Apostoliese Kerke se Sondagdienste word gemonitor. Die druk of invoer van Christelike materiaal word ook beperk.
Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond ervaar intense druk van hul familie, vriende en dorpsmense om hul geloof te verwerp.
Ontmoet pastoor Ilmurad
“Julle gebede was soos ʼn muur van vuur rondom my. Selfs toe dit baie koud was, het die Here Jesus my warm gemaak… dankie dat julle vir my en my familie bid.”
Pastoor Ilmurad is weens sy geloof gevange geneem in Turkmenistan. Hy is nie toegelaat om ʼn Bybel te hê nie, maar het aangehou om die Evangelie met die ander gevangenes en wagte te deel. Hy het baie mense na Christus gelei.
Bid vir Turkmenistan
- Bid vir ʼn verslapping van die streng beperkings op kerke in Turkmenistan.
- Bid vir die fisiese, emosionele en geestelike welstand van kerkleiers – dis ʼn rol wat tot intense druk kan lei.
- Vra dat Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond wat tot geloof gekom het teen swaarkry beskerm sal word; en dat hul families, vriende en dorpsmense die kragtige impak van die transformasie in hulle lewens sal ervaar.
Wat doen Geopende Deure om Christene in Turkmenistan te help?
Geopende Deure versterk die vervolgde Kerk in Sentraal-Asië met die verskaffing van Christelike literatuur, Bybelse en beroepsopleiding, en sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte. Ons verskaf ook onmiddellike hulp aan gelowiges in Sentraal-Asië wanneer hulle in die tronk is, deur hul families en gemeenskappe verwerp word, en van lewensmiddele en werk ontneem word weens hul geloof in Christus.