Skip to content
Ranglysposisie   50
2021 ranglysposisie   61
Streek   Latyns-Amerika
Bevolking   6 779 000
Christelike bevolking   6 437 000
Meederheidsgeloof   Christenskap

50Nicaragua

Kerke in Nicaragua wat hulself uitspreek oor die onreg en menseregteskendings deur die regering, word as destabiliserende agente beskou. Dit maak hulle ʼn teiken vir vyandigheid, wat intimidasie, teistering, monitering, arrestasies en selfs aanvalle kan insluit. Die Rooms-Katolieke kerke is veral vir dié teenkanting vatbaar.

Die regering is veral vyandig gesind teenoor kerke wat in 2018 skuiling en versorging aan mense verskaf het tydens die wydverspreide betogings teen die land se diktatoriale regime. Tot vandag toe ervaar hierdie kerke steeds regeringsvergelding, insluitende laster en monitering.

Intussen is die onlangse verkiesings en wetswysigings gebruik as ʼn voorwendsel om kerkleiers as terroriste en staatsgreepbelanners te bestempel. Dit het tot toenemende beperkings op kerke en ander Christelike organisasies gelei.
Die vyandigheid wat Christene in Nicaragua in die gesig staar, het toegeneem en het dié land onder die top 50 van die Wêreldwaarnemingslys geplaas.

Christelike skole ,TV-stasies en geloofsgebaseerde liefdadigheidsorganisasies is steeds gesluit, terwyl gelowiges arbitrêr aangehou en vervolg word. Dié doel is om Christelike stemme stil te maak en hulle geloofwaardigheid onder die bevolking te laat verloor.

Ontmoet David

David se ouers is tronk toe gestuur omdat hulle by betogings teen die regering betrokke geraak het.

“God het hulle as ʼn wonderwerk laat vrylaat,” sê hy.

pray

Bid asseblief

  • Dat diegene wat deur regeringsvyandigheid geraak word, van beproewings genees en versterk sal word om Jesus te volg.
  • Dat regeringsteenkanting nie Christene sal weerhou om met vrymoedigheid hul geloof te deel nie.
  • Dat die Heilige Gees in die harte van diegene in die regering sal werk en hulle sal aanspoor om Christene in ʼn positiewe lig te sien.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Nicaragua?

Geopende Deure versterk die vervolgde Kerk in Nicaragua deur Christelike lektuur, dissipelskapopleiding, noodlenigingshulp en onderwys te verskaf aan pastore wat nie hul studies voltooi het nie.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek