Skip to content
Streek Latyns-Amerika
Christelike bevolking 123 265 000 (95.3%)
Meederheidsgeloof Christenskap
Vernaamste bedreigings • Georganiseerde korrupsie en misdaad
• Stamonderdrukking

Totale telling

71%

Druk

67.3%

Geweld

87.6%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

31Mexiko

Alhoewel die meerderheid van Mexiko se bevolking Christene is, leef baie gelowiges in vrees vir vervolging, veral deur kriminele bendes, dwelmkartelle en inheemse groepe. Die teenwoordigheid van kriminele groepe neem in baie dele van die land toe. Christene wat hulself dapper uitspreek teen hierdie onwettige aktiwiteite, of wat betrokke is by gemeenskapswerk of evangelisasie (veral met die jeug, dwelmverslaafdes en migrante), word as ʼn bedreiging beskou. Dit maak hulle ʼn teiken. Soms word Christen-kinders of die kinders van kerkleiers selfs uitgesonder.

Diegene wat besluit om voorvader- en tradisionele oortuigings te verlaat om Jesus te volg, staar uitsluiting, boetes, tronkstraf en gedwonge ontworteling in sommige inheemse gemeenskappe in die gesig. Aangesien inheemse leiers verantwoordelik is vir die toepassing van wet en orde in hul gebiede, het gelowiges niemand om te nader om oortredings teen hulle te ondersoek en hul godsdiensvryheid te beskerm nie. Hierdie gesinne kan ook teistering van die gemeenskap ondervind, soos skade aan eiendom, beperkte toegang tot skole vir hul kinders en ander dreigemente.

Mexiko is ʼn streng sekulêre staat met toenemende vyandigheid in die algemeen teenoor die Christelike geloof en waardes. Openbare uitlewing van jou Christenskap word wettiglik skerp dopgehou.

Ontmoet Mauricio

“My lyding het begin toe ek die Here Jesus aangeneem het. Die owerhede in my gemeenskap het eers probeer om my grondakte weg te neem. Hulle het my sertifikaat weggeneem sodat ek nie my grond kon bewerk nie. Hulle het my en my vrou vir 24 uur gevange gehou en uiteindelik het hulle ons drinkwater en munisipale dienste weggeneem.”

Mauricio, ʼn Mexikaanse gelowige.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure versterk vervolgde gelowiges in Mexiko met Bybelse opleiding, regsondersteuning, traumasorg en sosio-ekonomiese hulp.

Bid asseblief

  • Bid dat God sy mense wat in gebiede met dwelmkartelle en kriminele bendes woon, sal beskerm.
  • Bid dat God sal aanhou om gelowiges uit inheemse gemeenskappe na Hom toe te trek en vir hulle te sorg.
  • Bid dat God Geopende Deure se plaaslike vennote sal versterk sodat hulle kan help om sy koninkryk in die land te bou.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek