Skip to content
Ranglysposisie   30
2021 ranglysposisie   29
Streek   Asië
Bevolking   167 886 000
Christelike bevolking   938 000
Meederheidsgeloof   Islam

30Bangladesj

In Bangladesj is die ergste vervolging bestem vir diegene wat uit ʼn Moslem-, Hindoe-, Boeddhistiese of ʼn stamagtergrond spruit. Sulke gelowiges kan beperkings, diskriminasie en selfs aanvalle in die gesig staar. Samesyn met ander Christene vind dikwels in die geheim plaas.

Protestantse kerke wat betrokke is by uitreike onder Moslem-gemeenskappe kan ook vervolging in die gesig staar. Die arrestasie van kerkleiers kan Christelike gemeenskappe destabiliseer en angstig maak om vir aanbidding bymekaar te kom. Selfs ander denominasies, geaffilieer met die Rooms- Katolieke Kerk, wat histories minder vervolging hier ervaar het, word toenemend aan aanvalle en doodsdreigemente blootgestel.

Ten spyte van ʼn effense daling in aangemelde voorvalle van geweld teen Christene, het teenkanting in die privaatlewe toegeneem en bekeerlinge onder meer druk as in vorige jare geplaas.

Ontmoet Jashim

“Ek het die reg om te kies en my geloof te beoefen. Ek sal nie my geloof in Jesus Christus prysgee nie.”

Jashim is deur ʼn skare van 50 tot 60 mense wreed aangeval.

pray

Bid asseblief

  • Dat Christene wat grootskaalse druk weens hul geloof ervaar, versterk sal word deur die Heilige Gees, die Woord van God en die ondersteuning van plaaslike gelowiges.
  • Dat diegene wat Christene vervolg, Jesus self sal ontmoet en hulle lewens aan Hom sal gee.
  • Vir genesing vir diegene wat deur aanvalle getraumatiseer is.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Bangladesj?

Geopende Deure werk deur plaaslike kerkvennote om vervolgde gelowiges in Bangladesj te versterk deur Bybelopleiding en -verspreiding, geletterdheid- en sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte, en noodleniging.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek