Skip to content
Ranglysposisie   23
2021 ranglysposisie   32
Streek   Afrika
Bevolking   22 103 000
Christelike bevolking   5 166 000
Meederheidsgeloof   Islam

23Burkina Faso

Burkina Faso het van nommer 32 tot nommer 23 op die Wêreldwaarnemingslys gestyg. Geweld en druk teenoor Christene neem regoor die land toe – veral op die Kerk en vanaf die gemeenskap.

Jihadistiese aktiwiteite brei uit en baie kerke en Christelike skole word gedwing om te sluit. ʼn Omgewing van vrees word geskep deur Christene te teiken en dood te maak, met baie Christene wat te bang is om kerkdienste by te woon of hul kinders skool toe te stuur.

Jihadistiese groepe vervang ook die regering in gebiede onder hul beheer, so hulle het die mag om maatskaplike dienste te weerhou. Die bedreiging van ekstremistiese Islamitiese groepe het selfs na stede versprei wat voorheen buite hul bereik was. Daar is meer as ʼn miljoen interne ontwortelde mense in Burkina Faso, van wie ʼn groot groep Christene is wat tydens die stygende jihadistiese geweld gevlug het.

Intussen ervaar Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond addisioneel, terwyl hulle deur jihadiste geteiken word, ook enorme druk van hul families en gemeenskappe om hul geloof te verloën. Baie mense is weens sulke dreigemente bang om hul geloof in die openbaar uit te leef.

Ontmoet “Salamata”

“Julle gebede het baie dinge in my lewe verander. Ek het vreugde en vrede in my hart gekry. Hou asseblief aan om vir my te bid. Dit bring verandering.”

Salamata, wie se pastoor in ʼn aanval deur Islamitiese militante doodgemaak is.

pray

Bid asseblief

  • Dat God almal sal genees en vertroos wat ernstig getraumatiseer is en deur jihadistiese aanvalle beïnvloed is.
  • Vir voortgesette wysheid en voorsiening vir Geopende Deure se plaaslike vennote terwyl hulle dié dien wat vervolg word.
  • Vir die beskerming van gelowiges en plaaslike vennote in die land, en vir krag om sterk te staan in hul geloof.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Burkina Faso?

Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om Christene in Burkina Faso te versterk deur die verskaffing van vervolgingsvoorbereidheidsopleiding, noodleniging, en geestelike en traumasorg.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek