Ranglysposisie | 12 | |
2021 ranglysposisie | 15 | |
Streek | Midde-Ooste | |
Bevolking | 19 365 000 | |
Christelike bevolking | 603 000 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
12Sirië
Sirië het drie plekke op vanjaar se Wêreldwaarnemingslys geklim, hoofsaaklik weens ʼn toename in gewelddadige vervolging. Jare van konflik en onstabiliteit het ʼn omgewing geskep waarin vervolging floreer sonder om gestraf te word.
In die paar gebiede wat deur Islamitiese militante beheer word, word kerkleiers veral geteiken vir ontvoerings of aanvalle omdat hulle groter openbare sigbaarheid het. Dit is daarop gemik om die Christen-gemeenskap te intimideer. Die meeste kerkgeboue is afgebreek of in Islamitiese sentrums omskep.
Openbare uitdrukkings van die Christelike geloof word verbied, en kerkgeboue mag nie herstel word nie. Evangelisering en bekering tot Christenskap word selfs in regeringsbeheerde gebiede as ʼn bedreiging vir sosiale stabiliteit gesien, en dit word dus erg onderdruk.
Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond ervaar veral druk vanaf hul families en gemeenskappe omdat hul bekering as ʼn klad op die familie se eer beskou word. Bekeerlinge loop die risiko om uit hul families verdryf te word, of selfs erger.
In noordelike Sirië word godsdienstige minderhede (insluitende Christene) deur Turkse magte en gepaardgaande Islamitiese militêre magte vervolg. Hulle word aangeval, doodgemaak, ontvoer en verkrag. Baie godsdienstige terreine word ook erg beskadig.
Ontmoet pastoor Edward
“Dit is ʼn langdurige krisis, met geen einde in sig nie. Ons het positiewe en negatiewe ervarings. Daar is pynlike situasies, met mense wat doodgemaak en beseer word. Aan die ander kant ervaar ons Goddelike lig te midde van die duisternis.”
Pastoor Edward, wat ʼn Sentrum van Hoop in Sirië bedryf.
Bid asseblief
- Dank God dat dapper Christene ondanks die gevare seker bly van hul geloof in Jesus, en dat hulle die sout en lig in hul gemeenskappe is.
- Vir vrede en stabiliteit. Bid dat die regering wysheid sal hê om die ekonomie te stabiliseer en dat die stygende inflasiekoers sal daal.
- Vir Sentrums van Hoop om oorlogsmoeë mense se hoop te herstel. Bid vir deurlopende finansiële voorsiening en dat die werkers weer opnuut energie sal kry om dié in nood met deernis te help.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Sirië?
Geopende Deure se vennote versterk die Kerk in Sirië deur Bybelverspreiding, dissipelskap- en leierskapopleiding, traumaberading, noodleniging en praktiese ondersteuning aan interne ontwortelde mense, en Sentrums van Hoop, wat Siriese Christene en hul gemeenskappe ondersteun.