Ranglysposisie | 19 | |
2021 ranglysposisie | 22 | |
Streek | Noord-Afrika | |
Bevolking | 45 350 000 | |
Christelike bevolking | 139 000 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
19Algerië
Vervolging het die afgelope jaar aansienlik erger geword, met Christene wat baie kwesbaar is vir staatsdruk saam met die voortslepende sosiale druk vanaf hul families en gemeenskappe.
Die meeste Algeriese gelowiges is bekeerlinge vanuit Islam. Hulle ervaar diskriminasie, teistering en druk van hul familielede asook die groter gemeenskap om Islam-gebruike te volg. Meer onlangs het Christene toenemende beperkings en druk vanaf staatsamptenare in die gesig gestaar om hul geloof prys te gee, met baie van dié amptenare wat onder die invloed van Islamitiese onderwysers is.
Wette wat nie-Moslem aanbidding reguleer, word ook gebruik om die invloed van die Christendom te onderdruk. Dit sluit in ʼn verbod op enigiets wat “die geloof van ʼn Moslem kan laat wankel” of wat gebruik kan word as ʼn “manier van verleiding wat daarop gemik is om ʼn Moslem na ʼn ander geloof te laat omskakel”. Hierdie wette is berug daarvoor dat hul bewoording vaag is en dikwels in die howe misbruik word.
Intussen bly 16 kerkgeboue wat voorheen gesluit is toe, terwyl nog kerke die afgelope jaar beveel is om te sluit. Verskeie ander kerke moes ook hul aktiwiteite staak.
Bid asseblief
- Dat die Heilige Gees Christene in Algerië sal help om sterk te staan in hul geloof.
- Dat elke Christen in Algerië geleenthede sal hê om saam met ander gelowiges bymekaar te kom vir samesyn en dissipelskap.
- Vir die heropening van geslote kerke en ʼn verslapping in wetgewing wat godsdiensvryheid beperk.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Algerië?
Geopende Deure werk saam met plaaslike vennote en kerke in Noord-Afrika om leierskapsopleiding, dissipelskap, lewensbestaanondersteuning, Bybels en pastorale sorg te voorsien.