Ranglysposisie | 18 | |
2021 ranglysposisie | 14 | |
Streek | Midde-Ooste | |
Bevolking | 42 165 000 | |
Christelike bevolking | 164 000 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
18Irak
Irak is die tuiste van ʼn aantal tradisionele kerke, maar almal van hulle word ernstig geraak deur onverdraagsaamheid, diskriminasie en vervolging vanaf plaaslike leiers, regeringsowerhede en Islamitiese ekstremistiese groepe. Baie Christene in sentraal en suidelike Irak verkies om nie hul geloof in die openbaar te wys nie, in ʼn poging om teistering en diskriminasie te vermy.
Irakse Christene ervaar voortdurend diskriminasie, teistering en gewelddadige vervolging, sonder beskerming vanaf die staat. Talle Christene is die afgelope jaar fisies aangerand, gedwing om hul huise te verlaat en is steeds vermis nadat hulle ontvoer is. Een Christen is weens geloofsverwante redes doodgemaak, en daar was baie rapportering oor skade aan Christelike huise en ondernemings of die beslaglegging daarvan.
Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond ervaar intense druk vanaf hul families en gemeenskappe, wat kan lei tot verwerping deur die familie, gedwonge egskeidings en om hul erfporsie en toegang tot hul kinders te verloor. Indien hulle daarvan beskuldig word dat hulle probeer om Moslems tot bekering te bring, kan hulle onder Godslasteringswette vervolg word. Dit is dus geen verrassing nie dat sommige verkies om hul nuwe geloof geheim te hou.
Ontmoet Fadi
“Ons het ʼn antieke Christendom hier. Ons teenwoordigheid in hierdie land is belangrik.”
Fadi, ʼn kerkleier, wat oor ontworteling en emigrasie praat.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Irak?
Geopende Deure se plaaslike vennote versterk die Kerk in Irak met opleiding, traumasorg, Bybels en Christelike boeke, lewensbestaanprojekte en mikrolenings, hulp om huise en kerke te herbou en krisisverligting.