Streek | Asië | |
Bevolking | 459 000 | |
Christelike bevolking | ʼn Klein hoeveelheid (Geopende Deure-beraming) | |
Meederheidsgeloof | Islam | |
2021 Ranglysposisie | 15 | |
2020 Ranglysposisie | 14 |
15Maledive
Die Maledive word deur baie gesien as ʼn luukse vakansiebestemming, maar agter die skoonheid van hierdie eilandparadys lê ʼn streng Islamitiese regime. Hierdie ketting van nagenoeg 1 200 eilande het een van die hoogste bevolkingsdigthede ter wêreld, veral op die hoofeiland, Malé. Die hegte samehorige gemeenskappe hou mense fyn dop vir enige tekens van afwykings – wat natuurlik hul geloofskeuse insluit. Alle politici verklaar onverbiddellik dat hulle die Maledive 100% Moslem hou, wat effektief geen spasie vir enige alternatief los nie.
Bekering tot Christenskap word gewoonlik aan die Moslemleiers of owerhede gerapporteer. Buitelandse Christene, wat meestal in die toeristesektor werk en van Indië of Sri Lanka afkomstig is, word fyn dopgehou, wat Christelike samesyn baie moeilik maak.
Ontmoet ʼn Christen-medewerker
“Om ʼn Christen in hierdie paradys te wees, is ʼn lewende hel vir enigiemand.”
In die Maledive mag nie-Moslems nie burgers word nie. Indien dit dus ontdek word dat iemand tot Christenskap bekeer het, verloor hulle hul burgerskap en word hulle vir die oortreding van Sjaria-wette gestraf. Die druk is daarom ontsettend hoog en bekeerlinge bly goed weggesteek. Sommige Malediviese Christene verlaat die eilande en woon oorsee weens die matelose druk.
Bid vir Maledive
- Bid dat die Here geleenthede sal voorsien waar gelowiges veilig bymekaar kan kom.
- Bid dat God die Bybel sal gebruik om gelowiges kragtig te versterk, te bemoedig en te versorg.
- Bid vir die Christene onder die buitelandse werkers sodat hulle goeie getuies van die hoop wat hulle in Christus het, kan wees.
Hoe help Geopende Deure Christene in die Maledive?
Geopende Deure ondersteun gelowiges in die Maledive deur gebedsveldtogte.