Skip to content
Ranglysposisie   22
2021 ranglysposisie   30
Streek   Latyns-Amerika
Bevolking   51 513 000
Christelike bevolking   49 002 000
Meederheidsgeloof   Christenskap

22Colombië

Colombië het vanjaar agt plekke op die Wêreldwaarnemingslys gestyg, grootliks weens die toename in geweld, insluitende moord. Druk het ook toegeneem weens kriminele bendes wat Christene en inheemse gemeenskappe teiken met die vervolging van gelowiges in landelike Colombië.

Gewapende guerrillagroepe en bendes beheer steeds groot dele van die nasionale gebied en veg daaroor. Hulle sien die Kerk as ʼn bedreiging vir hul mag en stabiliteit, veral wanneer bendelede Christene word of kerkleiers hulself teen geweld en korrupsie uitspreek. Kerkleiers word gedreig, geteister en selfs doodgemaak.

Bendeleiers teiken ook Christen-kinders, probeer hulle werf of ontvoer om die Kerk te ondermyn en dwing hulle tot ontworteling. Indien hulle gewerf word, word jong Christene gedwing om deel te neem aan monitering, afpersing, mensehandel, misbruik en moord, of hulle staar lewenslange doodsdreigemente vanaf die bendes in die gesig. Meisies ervaar die risiko van ʼn lewe van seksuele misbruik.

Daar is in baie inheemse gemeenskappe sterk teenkanting teen die deel van die Evangelie. Inheemse Christene wat hulle tradisionele oortuigings verwerp, kan geweld of tronkstraf in die gesig staar, van hul basiese regte ontneem word en vanaf hulle voorvaderlike grond verdryf word.

Ontmoet Valentina

“Ek sal vir mense wat vervolg word vertel dat hulle nie hul geloof moet verlaat nie. Indien hulle steeds daar is, is dit omdat God ʼn doel vir hulle het.”

Valentina het weens die risiko’s weggetrek van haar familie om in ʼn skuilhuis vir Christen-kinders te gaan woon.

pray

Bid asseblief

  • Vir God se versterking en krag vir pastore wat voortdurende teistering deur kriminele groepe in die gesig staar.
  • Vir Geopende Deure-vennote terwyl hulle werk om die Kerk toe te rus en jongmense te beskerm.
  • Dat nuwe gelowiges vanaf kriminele of inheemse agtergronde ander sal inspireer met hul moedige geloof.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Colombië?

Geopende Deure versterk die vervolgde Kerk in Colombië deur Bybelverspreiding, opleiding, traumasorg, gemeenskapsontwikkelingsprojekte, noodleniging, en opvoeding en skuilhuise vir kinders.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek