Streek | Afrika | |
Bevolking | 870 000 | |
Christelike bevolking | 4 200 (0,5%) | |
Meederheidsgeloof | Islam | |
2021 Ranglysposisie | 50 | |
2020 Ranglysposisie | 54 |
50Comore
Christene in die Comore mag nie hul geloof vrylik in die openbaar deel nie. Indien hulle dit doen, staar hulle regsgevolge in die gesig. In sommige dele van die land dreig ekstremistiese groepe Christene met geweld. Omskakeling na enige ander godsdiens as Islam is onwettig, en Christen-bekeerlinge kan vervolg word. Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond ervaar die meeste probleme. Hulle ervaar dikwels druk om hul geloof privaat te hou – wat aan hulle geen ander opsie laat nie as om hul geloof in die geheim uit te leef.
Ontmoet Titus*
“Skaars drie dae nadat ek besluit het om Christus te volg, is my huis afgebrand. Ek kon slegs my skootrekenaar red. Ek het slegs die klere aan my lyf gehad. Ek het gevoel dat dit ʼn toets vir my geloof in Christus was, maar dit het uiteindelik my geloof versterk.”
*Naam vir sekuriteitsredes verander.
BID VIR COMORE
- Bid vir Christene in die Comore om getrou en suksesvol in hul werk te wees. Hou Kolossense 3:23-24 in gedagte: “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.”
- Bid vir Christene in die Comore om vreugdevol en onberispelik te leef, sodat ander hulle oor hul lewens sal uitvra en dit ʼn deur vir die Evangelie sal oopmaak.
- Bid vir Christene wat Islam verlaat het om Jesus te volg. Vra God om aan hulle wysheid, moed en ondersteuning te gee – sodat hulle sal weet dat hulle nooit alleen is nie.
Wat doen Geopende Deure om Christene in die Comore te help?
Deur strategiese vennootskappe met die plaaslike Kerk, help Geopende Deure om die vervolgde Kerk in die Comore te ondersteun en toe te rus met ekonomiese ontwikkeling deur in-diepte opleiding, leierskapontwikkeling, kruiskulturele evangelisering en omgee vir nuwe gelowiges.