skip to Main Content
Ranglysposisie   11
2021 ranglysposisie   10
Streek   Asië
Bevolking   1 406 632 000
Christelike bevolking   69 494 000
Meederheidsgeloof   Hindoeïsme

11Indië

Indië is ʼn diverse en demokratiese land – maar in 2023 is dit in sommige state ʼn skrikwekkende plek om ʼn Christen te wees. Gewelddadige vervolging bly op ʼn uiterste vlak en Christene ervaar steeds hoë druk in alle sfere van die samelewing.

Sedert die huidige regering in Mei 2014 aan bewind gekom het, het die druk op Christene drasties toegeneem. Daar was ook ʼn toename in Hindutva, ʼn ideologie wat glo dat slegs Hindoes ware Indiërs is, en dat Christene en ander godsdienstige minderhede “vreemde” wortels het en verdryf moet word. Hindoe-ekstremiste val ander aan sonder dat hulle gestraf word, en hulle gebruik uiterste geweld in sommige gebiede.

ʼn Toenemende aantal state implementeer ook anti-omskakelingswette, wat kwansuis daarop gemik is om te keer dat Hindoes gedwing word om na ander gelowe om te skakel, maar in die realiteit word dit dikwels as ʼn verskoning gebruik om Christene te teister en te intimideer.

Gelowiges vanuit ʼn Hindoe-agtergrond en kerkleiers en hul gesinne ervaar die grootste risiko, met baie van hulle wat konstante druk en fisiese aanvalle deurmaak en soms selfs doodgemaak word. Om ʼn pastoor te wees, is vandag een van die mees riskante beroepe in die land. Hindoe-ekstremiste teiken hulle met gewelddadige aanvalle om vrees te saai in die wyer Christelike gemeenskap.

Ontmoet “Mehr”

“God het julle as geestelike helpers gestuur. Toe alles donker gelyk het, het julle gebede my opgehef.”

Mehr is amper doodgemaak en toe mediese behandeling geweier omdat sy ʼn Christen is.

pray

Bid asseblief

  • Vir ʼn verandering van die beskrywing van Indiese identiteit sodat dit minderheidsgelowe aanvaar.
  • Vir beskerming oor kerkleiers en hul gesinne.
  • Dat bekeerdes se ware geloof ʼn kragtige uitwerking op hul gesinne en bure sal hê.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Indië?

Geopende Deure se vennote ondersteun die Kerk in Indië deur die verskaffing van Bybels, noodleniging, vervolgingsvoorbereidheidsopleiding, lewensbestaan- en gemeenskapsontwikkelingsprojekte.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek