Skip to content
Ranglysposisie   47
2021 ranglysposisie   36
Streek   Midde-Ooste
Bevolking   5 324 000
Christelike bevolking   193 000
Meederheidsgeloof   Islam

47Oman

Omaniërs wat tot Christenskap bekeer, ervaar druk van hul gesinne en ook al hoe meer van die samelewing om hul geloof te verloën. Hulle kan gedwing word om die gesinshuis te verlaat en in sommige gevalle ook hul werk verloor. Onterwing vind oor die algemeen plaas, getroudes kan sukkel om hul kinders te sien en hulself ook aan verloorkant van ʼn toesigstryd bevind.

Migrerende werkers wat hulle tot die Christendom bekeer, ervaar dieselfde druk as wat hulle in tuislande sou ervaar, aangesien hulle dikwels binne ʼn eie nasionale óf etniese gemeenskap woon. Vir sommiges kan dit relatiewe vryheid beteken, maar vir ander kan dit intense vervolging inhou.

Uitgeweke Christen-gemeenskappe word geduld, maar word aan toesig en beperkings onderwerp. Alle Christelike organisasies moet hulself by die owerhede registreer en vergaderings word gemonitor om enige politieke uitsprake aan te teken indien Omani’s dit bywoon.

Oman het met 11 plekke op die Wêreldwaarnemingslys gedaal. Daar was wel ʼn klein afname in die aantal gewelddadige voorvalle wat teen Christene aangemeld is – ʼn daling meestal te wyte aan vervolging wat in ander lande toegeneem het.

Ontmoet “Latifah”

“Die bekeerlinge is afgesny van finansiële ondersteuning van hul familie. Vroue word in hul kamers toegesluit en in hul huise gevange gehou. Selfone word deur familielede gekonfiskeer en hul internetverbinding met rekenaars afgesny. Sommige word verbaal of fisies mishandel en geslaan.”

Latifah, Arabiese Skiereiland.

pray

Bid asseblief

  • Dat die Omaanse samelewing meer verdraagsaam teenoor Christenskap word.
  • Vir Geopende Deure-vennote wat in die Arabiese Skiereiland werk. Bid dat hulle nuwe gelowiges sal vind om die ondersteuning te bied wat hulle benodig.
  • Dank God vir die manier waarop Hy Homself deur drome aan plaaslike inwoners openbaar.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Oman?

Geopende Deure ondersteun die liggaam van Christus op die Arabiese Skiereiland deur georganiseerde gebed, Skrifhulpbronne te versprei en gelowiges en pastore op te lei.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Onlangse nuus

Back To Top
Soek