MALI
#24
Streek | Afrika | |
Leier | President Ibrahim Boubacar Keïta | |
Bevolking | 19 108 000 | |
Christen | 2.2% | |
Meederheidsgeloof | Islam | |
Regering | Republiek | |
Ranglysposisie | 24 | |
Punte | 68 | |
Vorige Ranglysposisie | 37 | |
Vorige Punte | 59 |
Mali is hoofsaaklik ʼn Moslemland. Die meeste Christene leef in die suide van die land en baie staar toenemende druk in die gesig as gevolg van die bedreiging van ekstremistiese Islamitiese groepe vanaf die noorde. Dit is moeilik vir Christenbekeerling wat Islam verlaat het om hul geloof uit te leef – hulle moet dit dikwels geheim hou van hul families. Sendelinge leef ook onder die konstante gevaar dat hulle ontvoer sal word.
Bid: Vir Christene wat steeds die Evangelie met vrymoedigheid verkondig ten spyte van die prys en risiko’s.
ONLANGSE NUUS
Mali: 20 Gyselaars Sterf in die Aanval op die Radisson Blu Hotel
26 November 2015