skip to Main Content
Ranglysposisie   14
2021 ranglysposisie   11
Streek   Asië
Bevolking   55 227 000
Christelike bevolking   4 421 000
Meederheidsgeloof   Boeddhisme

14Mianmar

Die situasie in Christelike gebiede het sedert die militêre oorname in Februarie 2021 versleg. Gevegte het regoor die land toegeneem en die Christelike minderheid kry die swaarste onder dié aanvalle. Meer Christene as ooit tevore is plaaslik sonder heenkome gelaat en leef in kampe of kerke sonder genoeg voedsel en gesondheidsorg.

Die daaglikse realiteit is dat Christene nie dieselfde regte en wetlike beskerming as die Boeddhistiese meerderheid het nie. Christene is dikwels die slagoffers van gewelddadige aanvalle wat sonder enige straf uitgevoer word. Selfs in oorheersende Christelike state soos die Chin- en Kayah-staat het lank gevestigde kerke onder aanvalle deurgeloop, en is Christelike noodwerkers en pastore doodgemaak. Die regeringsmagte val Christelike dorpe en kerke aan, terwyl die Boeddhistiese kloosters grootliks onaangeraak bly.

Bekeerlinge tot Christenskap ervaar ook vervolging vanaf hul Boeddhistiese, Moslem- of stamfamilies, en word van die gemeenskapslewe uitgesluit. Gemeenskappe wat daarna streef om “slegs Boeddhiste” te bly, maak die lewe vir Christen-gesinne onmoontlik deur hul toegang tot gemeenskaplike waterbronne te versper. Nie-tradisionele kerkgroepe ervaar ook teenkanting, veral dié wat in landelike gebiede geleë is en dié wat bekend is vir bekeringswerk.

Ontmoet Naomi

“Wanneer hulle iemand haat, is hulle nie bang om hulle dood te maak nie – sonder enige berou of skuldgevoel. Dit is hoe dit hier is.”

Naomi, ʼn pastoor se vrou.

pray

Bid asseblief

  • Vir versoening tussen godsdienstige groepe in Mianmar en ʼn einde aan die diskriminerende gewoontes teen Christene.
  • Vir die beskerming van die duisende kwesbare mense wat nou vlugtelinge is of intern ontwortel is weens die voortslepende konflik.
  • Dank God vir die suksesvolle vervolgingsvoorbereidheidsopleiding, wat hoop, bemoediging en veerkragtigheid vir Christene bring.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Mianmar?

Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om vervolgde gelowiges in Mianmar te versterk deur literatuurverspreiding, dissipelskapprogramme, lewensbestaanondersteuning en verskeie vorms van opleiding.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek