Ranglysposisie | 16 | |
2021 ranglysposisie | 11 | |
Streek | Asië | |
Bevolking | 1 448 471 000 | |
Christelike bevolking | 96 700 000 (Geopende Deure-skatting) | |
Meederheidsgeloof | Agnostisisme |
16China
Strenger beperkings en monitering plaas Christene in China onder toenemende druk, terwyl die Kommunistiese Party probeer om alle bedreigings vir hul mag te beperk. Monitering in China is onder die mees onderdrukkende en gesofistikeerde in die wêreld.
Nuwe beperkings op die Internet en sosiale media – saam met die 2018-regulasies oor godsdiens – plaas ernstige beperkings op Christene se vryheid. Baie kerke word gemonitor en gesluit, ongeag of hulle onafhanklik is of aan die Drie-Self Patriotiese Beweging behoort. Kerkbywoning bly onwettig vir enigeen onder die ouderdom van 18.
Christelike leiers is veral kwesbaar vir vervolging, insluitende tronkstraf of, in ʼn mindere mate, ontvoering. Verskeie Christene is die afgelope jaar gearresteer en aangekla vir onwettige sakebedrywighede, bedrog of optrede teen staatsveiligheid.
Die lewe is ook moeilik vir bekeerlinge vanaf Islam of Tibettaanse Boeddhisme. Indien dit deur hul families of gemeenskap ontdek word, word hulle gewoonlik gedreig en fisies leed aangedoen – alles in ʼn poging om hulle terug te wen na hul oorspronklike geloof. Bure mag enige Christelike aktiwiteite aan die owerhede of dorpshoof rapporteer, wat aksie neem om gelowiges te stuit.
Ontmoet Xiao Ai
“Vervolging lei ons tot ʼn sekere mate na Christus en Sy liefde.”
Xiao Ai is vir twee weke aangehou nadat die owerhede op ʼn huiskerk-byeenkoms toegeslaan het.
Bid asseblief
- Dat Christene wat die las van monitering en streng regulasies in die gesig staar, krag, wysheid en vrymoedigheid sal kry terwyl hulle uitdagings trotseer.
- Dat jongmense wat nog nie voorheen vervolging ervaar het nie, toegerus sal word om sterk te staan in hul geloof.
- Dat die Kerk in China ondanks toenemende vervolging sal aanhou om merkwaardige groei te ervaar, ondanks toenemende vervolging.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in China?
Geopende Deure ondersteun gelowiges in China met dissipelskap- en vervolgingsvoorbereidheidsopleiding, en deur gekontekstualiseerde Christelike literatuur aan gelowiges te voorsien wat vanaf Islam of Boeddhisme tot bekering gekom het.