skip to Main Content
Ranglysposisie   13
2021 ranglysposisie   11
Streek   Midde-Ooste
Bevolking   35 845 000
Christelike bevolking   2 165 000
Meederheidsgeloof   Islam

13Saoedi-Arabië

Saoedi-Arabië is ʼn uiters konserwatiewe Islamitiese nasie en ander gelowe kan nie openlik beoefen word nie. Geen amptelike kerke of enige Christelike denominasies word toegelaat nie en dit bly een van slegs ʼn paar lande in die wêreld waar kerkgeboue verbode is.

Die meeste Christene in Saoedi-Arabië is trekarbeiders vanaf Asië en Afrika. Hulle word dikwels uitgebuit en swak betaal, en ervaar diskriminasie weens hul etnisiteit en Christelike geloof. Buitelandse Christene word streng beperk in die deel van hul Christelike geloof en byeenkomste vir openbare aanbidding. Diegene wat dit doen, loop die risiko van aanhouding en deportasie.

Daar is ook ʼn klein aantal Saoedi-Arabiese bekeerlinge. Bekering vanaf Islam na Christenskap is onaanvaarbaar volgens die Islamitiese wette, so baie leef as geheime gelowiges. Dié wie se geloof ontdek word, ervaar intense druk, veral vanaf hul families. Ondanks die risiko’s is die klein aantal Saoedi-Arabiese Christene stadig besig om toe te neem, en sommige deel hul Christelike geloof met vrymoedigheid op die Internet en Christelike TV-satellietkanale.

Ontmoet “Adam”

“Ons dank God vir Sy gawes, en vir julle wat ons bystaan en my na veiligheid gehelp het. Ek voel vandag dat ek weer kan leef.”

Adam, ʼn gelowige wat uit Saoedi-Arabië gevlug het nadat hy weens sy geloof gevange geneem is.

pray

Bid asseblief

  • Dat geheime gelowiges wat geïsoleer is, maniere sal vind om aanlyn met ander gelowiges in verbinding te tree.
  • Vir groter geslagsgelykheid in Saoedi-Arabië en vir ʼn einde aan die onderdrukkende behandeling van vroue.
  • Dank God vir die moed van gelowiges wat hul geloof deel. Bid dat God sal aanhou om Sy Kerk deur hul getuienis te bou.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Saoedi-Arabië?

Geopende Deure ondersteun die Liggaam van Christus op die Arabiese Skiereiland deur gebede te organiseer, Skrif-hulpbronne te versprei en gelowiges en pastore op te lei.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek