Ranglysposisie | 4 | |
2021 ranglysposisie | 6 | |
Streek | Afrika | |
Bevolking | 3 662 000 | |
Christelike bevolking | 1 709 000 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
4Eritrea
Gelowiges in Eritrea ervaar voortdurende en uiterste vervolging, wat dit een van die moeilikste plekke in die wêreld maak om Jesus te volg.
Eritrea erken die afgelope 20 jaar slegs drie amptelike Christelike denominasies: Ortodoks, Katoliek en Luthers, en hierdie kerke word streng gemonitor. Die regering se veiligheidsmagte het oor die jare honderde klopjagte van huis tot huis uitgevoer om ander Christene te vang. Daar word na raming sowat 1 000 Christene onbepaald in Eritrese tronke aangehou wat nie amptelik vir enigiets aangekla word nie. Sommige leiers van “nie-amptelike” kerke word al vir meer as ʼn dekade in afgryslike toestande in die tronk aangehou, insluitende eensame opsluiting in piepklein selletjies.
Christen-mans en -vroue van so jonk as 14 jaar word gedwing tot diensplig in die gewapende magte om in die konflik te veg. Daar is geen tydsbeperking op militêre diens in Eritrea nie. Christen-gevangenes word dikwels “vrygelaat” om militêre diens te verrig in plaas daarvan om toegelaat te word om huis toe te gaan.
Geweld teenoor Christene het die afgelope jaar effens toegeneem. Die hoë vlak van staat-gesanksioneerde vervolging en geweld teenoor Christene dwing sommiges om uit die land te vlug, maar ondanks dit alles groei die Kerk, aangesien Christene uiterste moed en vreugde wys en die risiko van arrestasie ter wille van Jesus aangryp.
Ontmoet “Pastoor Gideon”
“Selfs wanneer ons ly, jubel ons. Ons geluk is nie gebaseer op dit wat ons het of nie het nie. Wanneer mense dit sien, aanvaar hulle Jesus.”
Pastoor Gideon is vir ses en ʼn half jaar weens sy geloof in die tronk aangehou.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Eritrea?
Geopende Deure werk deur plaaslike kerkvennote in Eritrea om ekonomiese bemagtigingsprojekte, dissipelskap en vervolgingsvoorbereidheidsopleiding te verskaf.